Opinion

Bestaan ons brandweer nog?

Hendrina van Broekhuizen skryf:

 

Ek stuur die brief om my groot ontevredenheid uit te spreek oor die brandweer van Randfontein.

Die veld op Elandsfontein 277 is verskeie kere aan die brand gesteek – brandstigting – onder andere Sondagaand 23 Augustus.

Die GPF-patrolliemanne het so by 10.30nm hier ingedraai en vir ons gesĂȘ die veld is aan die brand. Terwyl ons een plek blus is daar ‘n ent verder ook gras aan die brand gesteek. Ons het self die brande geblus.

Op Donderdag, 27 Augustus het die wind verskriklik gewaai. My swaer is dorp toe en het laat weet ons moet net kyk, lyk of daar iets smeul.

Toe ons by die venster uitkyk is die hele veld aan die brand gesteek, en die wind het dit reg op ons huis afgewaai.

Ons het ons familie laat weet om te kom help. Ons almal het vergeefs die brandweer gebel. Ons het 107 gebel en 112 gebel. Vergeef.

My skoonsuster het self iemand na die brandweerstasie gestuur om te gaan hulp vra. Geen reaksie nie.

Ons het ‘n boodskap na AfriForm gestuur en die brandweer van Carletonville het hier aangekom, seker twee uur nadat ons begin hulp soek het.

Dit was verskriklik met daai wind en vlamme van oor die drie meter wat na jou en die huis aankom en jy het die minimum toerusting.

Jy probeer met die tuinslang spuit maar die wind waai alles in ‘n ander rigting in.

Ek kan net nie glo dat die brandweer se nommer 011 411 5001 elke keer net doodgedruk word sonder dat iemand antwoord nie.

Vir 107 en 112 hou jy aan vir meer as vyf minute en uiteindelik sĂȘ die vrou jy moet weer bel. Dit is regtig baie slegte diens.

Maar gister, op die Sondag toe ons Krugersdorp toe ry was daar ‘n ongeluk by die R28 waar ‘n trok en ‘n bakkie vol bier (op Sondag in lockdown) in mekaar vasgery het. Toe staan daar werklik sommer twee brandweertrokke. Nou vra ek? Wie bepaal wanneer ‘n trok sal uitgaan of nie? En hoekom word daar sulke onbevoegde mense aangestel? Jy werk in ‘n krisissentrum. Mense in krisis bel soontoe. Dis ernstig. Het jy nie ‘n kaart nie, Nie ‘n GPS nie? Ken jy nie die area nie? Of is net sekere plekke vir jou belangrik?
Laasjaar het dieselfde gebeur. Toe was net die veld aan die brand. Ek bel Randfontein se brandweer. Maar die mense luister nie. Al wat die vrou vra is, hoeveel shacks is aan die brand? Is dit al wat in hulle koppe aangaan?
Ek is jammer, maar Randfontein se brandweer is regtig niks werd nie.

Ek wil dankie sĂȘ vir Natie en Gielie van Zyl wat kom help het, asook Madeleine en Danie Ungerer wat 10 mense van hulle werk af gebring het om te kom help. En Willie en Candy wat ook gehelp het.

Ons huis staan nog, danksy die genade van die Vader, maar alles rondom is verwoes.

Baie geluk brandweer, julle is uiters swak.

Related Articles

Back to top button