CrimeNews

Tot ‘n pastorie loop onder misdaad in Randwes deur: 11 insidente in totaal

Jongste volledige misdaadverslag van EPR wys minstens 11 insidente in totaal – 'n pastorie is ook geteiken.

Minstens 11 insidente is gedurende die naweek van 28 tot 30 Augustus in Randwes (Randfontein/ Westonaria) by EPR Sekuriteit aangemeld.

Volgens Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het die meeste insidente (6) weereens by besighede plaasgevind, gevolg deur wonings (4) en ‘n pastorie (1).

Daar is meer insidente in vergelyking met vorige weke aangemeld, en het gewissel van roof, huisbraak en diefstal, tot saakbeskadiging en aanranding. Inwoners word gemaan om te verseker dat kosbare artikels nie buite gelaat word nie, maar eerder veilig toegesluit word,” het Krogh gesê.

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

EPR se jongste volledige misdaadverslag. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button