Opinion

PlayStation gee my innerlike vrede

Die redakteur skryf:

Met ‘n klein seuntjie in die huis kyk jy oor en oor na al wat ‘n kinderfliek is.

Kung Fu Panda 2 met die skreeusnaakse Jack Black as die stem van Po die pandabeer is een van ons knapie se groot gunstelinge. In dié opvolgfliek sê Master Shifu vir Po dat alhoewel hy die Dragon Warrior is, hy nog sy innerlike vrede (inner peace) moet vind om uiteindelik die skurk, Lord Shen en sy weerwolf-weermag te oorwin.

Ons lewe vandag in uitdagende tye. In ons geval kan Lord Shen die stryd teen Covid-19, misdaad of werkloosheid wees – basies enigiets wat ‘n bedreiging vir ons inhou. Daarom moet ‘n mens innerlike vrede hê, of daarna soek. Die manier hoe ek van die wêreld vergeet en ‘n bietjie ek-tyd geniet is om iets eenvoudig soos PlayStation te speel – iets wat ek al van kleins af doen.

So terloops, die eerste PlayStation is in Desember 1994 in Japan vrygestel. Ek was toe sewe!

Natuurlik is dit nie al wat ek doen nie …Mens staan sterk in geloof, werk, help in die huis, speel met jou kind, oefen, eet, slaap, ens ens maar as ek wil wegbreek speel ek PlayStation – daar kry ek my innerlike vrede. Daar is niks so lekker soos wanneer dit net jy en die TV is nie; dan speel ek tot vroeg in die oggend dat die biesies bewe. Die wêreld kan dan maar vergaan.

Om van my frustrasies ontslae te raak is daar skop, skiet en donderdag-speletjies. Om van woede ontslae te raak speel ek sommer ‘n boksgeveg-speletjie en as ek nou regtig wil ontspan, is enige sportspeletjie die regte medisyne, veral krieket en rugby.

Mens maak terselfdertyd ook vriende aanlyn. Dit is nou seker nie iets waaroor mense dikwels praat nie, maar ek is seker ons almal het daardie iets wat ons doen om ons net vir ‘n rukkie van die wêreld en sy dinge te laat vergeet.

Ek hoop jy het joune al gevind, wat dit ook al mag wees. Dankie tog vir innerlike vrede.

Die Soul & Spirit-tydskrif het 10 redes gegee wat ons uit die kinderfliek Kung Fu Panda 2 en inner peace kan leer. Lees die volledige berig hier.

Ek gee dit net soos dit daar staan:

  • Live in the present
  • There are no accidents
  • Discover your destiny
  • Let go and nurture belief
  • Beauty is freeBelieve you’re unique
  • Born for a purpose
  • There is no secret ingredient
  • Humility is key
  • Inner peace is cool

Laat weet ons wat jou innerlike vrede gee deur ons te epos by randfonteinerald@caxton.co.za.

Related Articles

Back to top button