Local sportSport

Teine se R5-uitdaging

Randfontein Rugbyklub doen 'n beroep op sy gemeenskap om hul R5-uitdaging te ondersteun.

Slegs R5 kan ‘n verskil maak om Randfontein Rugbyklub deur die jaar te kry, ander gesinne te help en 2021 op ‘n goeie noot te begin.

Soos talle ander besighede, klubs, organisasies en huishoudings kon ons plaaslike klub ook nie die kloue van die Covid-19 pandemie vryspring nie.

Volgens Corne Hulme, visevoorsitter van Randfontein Rugbyklub is dit vir die klub natuurlik baie belangrik om hul spelers en personeel se gesondheid en belange eerste te stel, en die inperkingsregulasies ter harte te neem.

“Daarom is oefeninge stopgesit en die kroeg is toegemaak. Salarisse, huur, en die water en ligte moet egter steeds betaal word.

Die inperkingstyd het ‘n absolute negatiewe impak op die klub.

“Nie net kan ons nie rugby speel nie, ons finansies is ook onder geweldige druk. Die kroeg is ons hoofinkomste, en mens weet nie wanneer kroeë weer mag oopmaak nie. Ons borge trek self swaar, dus kan mens jou nie nou na hulle wend vir fondse nie.”

Corne het gevolglik met die idee van ‘n R5-uitdaging vorendag gekom en doen ‘n beroep op die gemeenskap om dit te ondersteun.

“Die idee is om met ‘n klein donasie op groot skaal geld in te samel. Hoe meer mense ‘n klein bedrag gee wat nie hul sak sal seermaak nie, hoe meer geld kan ons insamel. Ons oorweeg ook skarebefondsing (crowdfunding). Dit behoort nie te moeilik te wees om ‘n klein bedrag soos R5 te skenk nie.

Ons wil graag eenmiljoen mense bereik.”

Hy het bygevoeg dat die rugbyklub deel is van ‘n groep engele wat gesinne in die dorp bystaan met onder andere kos, en dat ‘n gedeelte van die fondse wat met die R5-uitdaging ingesamel word, daarvoor gebruik sal word.

Gevra hoe die spelers fiks bly gedurende die inperkingstyd, het Corne gesê, “Dit is moeilik vir die manne om positief te bly maar ons probeer baie hard om gereeld met hulle te kommunikeer. Heelwat van hulle oefen alleen in die gimnasium of doen kardio-oefeninge.”

Sy boodskap aan die publiek is duidelik.

Randfontein Rugbyklub het ‘n baie ryk geskiedenis in die dorp, en as die uitdaging nie vrugte afwerp nie, sal die klub homself vir die res van die jaar in ‘n bitter moeilike posisie bevind.

“Ons velde is altyd beskikbaar en netjies vir enigiemand in die dorp se gebruik, en ons wil dit so hou. Die uitdaging sal dit makliker maak om dit vir almal so te kan hou.”

E-pos die klub by randfonteinrc@telkomsa.net.

Bankbesonderhede is:

Randfontein Rugby Club (PBO)
ABSA Randfontein
Tak-kode: 334-341 or 632005
Rekeningnommer: 1012510515
Swift-kode: ABSAZAJJ
Cheque-rekening
Verwysing: R5 challenge

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button