Opinion

God doen nog steeds wonders

Ek wil al die eer vir Koning Jesus gee en mense bewus maak van orgaanskenking.

Ek stuur die brief nie om roem te kry nie maar om te bewys God doen nog steeds wonders. Hy verhoor nog steeds gebede.

Ek wil mense bewus maak van orgaanskenking. My man se niere het albei ses jaar gelede gaan staan en hy moes drie keer ‘n week dialisesessies van vier ure lank ondergaan. Ek wil al die dialisepersoneel van Life Robinson Privaat Hospitaal bedank vir al hul liefde.

My man is met soveel respek en liefde behandel, so ook elkeen van hul pasiënte. Ek het ‘n dankbare hart, veral teenoor dr Thomas van Robinson – een van die puikste dokters wat ek ken.

Op 12 Maart is Jan en Vickie teater toe, en vyf uur later was hulle albei uit, elkeen met ‘n nier wat 100 persent werk.

Vickie is reeds ontslaan, haar pa is vandag ontslaan en albei perdfris en gesond.

Ek wil al die eer vir Koning Jesus gee en mense bewus maak van orgaanskenking. Een mens kan ‘n ander mens se lewe verander.

Ek wil dankie sê vir my dogter vir die liefdesdaad wat sy gedoen het. Ek is ‘n trotse moeder.

Related Articles

Back to top button