NewsSchools

Ramkriekies vier pizzadag!

Die leerders van Ramkriekies het hulle eie pizza dag gevier op Vrydag, 6 Maart.

Laerskool Randfontein se Ramkriekies het op Vrydag, 6 Maart hulle eie nasionale pizzadag gevier.

Met voorskootjies aan en haarnette op het die opgewonde leerders hul eie pizza begin maak.

Annalie Grobblaar, Lee-Ann Nel en Annelie Pretorius het hulle eie nasionale pizzadag saam hulle leerders gevier.
Foto: Michelle Roodt.

Daar was verskeie bestanddele om van te kies, onder andere kaas, worsies, ham asook pynappel.

Die leerders kon nie wag om ‘n happie van hul selfgemaakte pizza te neem nie, en terwyl sommiges se pizzas nog besig was om te bak, het ander solank aan die kaas begin proe.

Annalie Grobblaar, Lee-Ann Nel en Annelie Pretorius het almal saamgestem dat dit ‘n wonderlike oggend was en dat die opgewondenheid op die leerders se gesiggies iets was om te beleef.

Miandi Tromp, Megan Reid en Leah Barnard besig om hulle pizza’s te bou.
Foto: Michelle Roodt.

Natuurlik het die leerders ‘n paar stukkies gebêre om huis toe te neem sodat hulle dit later verder kon geniet.

Related Articles

Back to top button