Opinion

Oortreders wees gewaarsku …

Mannekrag gaan jou 'dik tik' en jou eerder aan intensiewe sorg oorhandig in die afwesigheid van 'n verdwene polisiediens.

Die deurlopende Toekies en omgewing rondom die sakegebied het in ‘n algehele grasoerwoud en rommelstrooiery ontaard en dit het die welbekende slaghuiseienaar tot optrede genoop.

Leë murasies noem ons seur en steek vir ons tong uit. By monde van sy werknemer, ‘Ou Oscar’, is die werkgroepe van die munisipaliteit elders misplaas en hieruit het die drastiese ingryping bestaan.

Die bestuurder het op eie onkoste sy eie werknemers ingespan om die omgewing en gesentraliseerde tuinbedding op te knap ter wille van ontvanklike diensverskaffing.

Selfs Mannekrag, die teenvegters van boewery het met geringe materiaal en toerusting ingespring om slaggate in die algehele buurt op te vul en die misdrywers aan te pak.

Hulle benodig slegs ‘n bakkie en hulpmiddele.

Oortreders wees gewaarsku: Mannekrag gaan jou ‘dik tik’ en jou eerder aan intensiewe sorg oorhandig in die afwesigheid van ‘n verdwene polisiediens.

Hulle streef hard om die vrede te handhaaf.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button