Local newsNews

Randfontein Skou ondersteun die Droogtehulp-projek

Die Randfontein Skou nooi almal uit om die Droogtehulp-projek te ondersteun.

Randfontein Skou-organiseerders vra dat die publiek Droogtehulp SA saam met hulle ondersteun.

“Randfontein Skou ploeg graag terug in gemeenskapsprojekte en hierdie jaar wil ons vir Burre Burger van Droogtehulp SA ondersteun,” het Skoukoördineerder Marcelle Mans gesê.

Kom ondersteun die Randfontein Skou se Droogtehulp-projek.
Foto: Ingestuur.

“Sondagoggend, 8 Maart om 8.30vm nooi ons almal uit om saam die Here te loof in samesang in die Skoutent. Om 9vm gaan Burre ons meer vertel van die plaasboere se pleidooie om hulp as gevolg van die droogte die afgelope paar jaar.

“Ons rig ‘n vriendelike versoek aan Skoubesoekers, kunstenaars wat optree, borge betrokke, uitstallers en komiteelede om almal ‘n finansiële bydrae tot die droogtehulpprojek te gee,” het Marcelle gevra.

Bring jou kontantdonasie saam of deponeer jou skenking in Randfontein Publicity Ass, Absa Randfontein, Tjekrek nr 320 682 045, Verwysing – Droogtehulp.

Gewone Skoutoegangsgelde vir die Sondag is van toepassing.

Navrae: Skoukantoor 011 412 2878/1562 of https://www.randfonteinshow.co.za.

Related Articles

Back to top button