NewsSchools

Sesjarige deel liefde uit op Valentynsdag

'Dit was net om dankie te sê vir al hul liefde en omgee reg deur die jaar' – ma van sesjarige.

Graad 1-leerder George Ehlers, 6, is ‘n trotse Rammie en dol oor Valentynsdag.

“Vanjaar het hy besluit om vir elke juffrou met iets kleins te bederf. Ek en sy pa het hom gehelp om bederfies aan ‘n roos vas te bind en op Valentynsdag vir elke juffrou te gee,” het Bernadette, George se ma vertel.

George Ehlers met die blomme en bederfies vir die onderwysers. Foto ingestuur.

Die onderwysers, Annalie Grobbelaar, Lray Wiese, Monica le Roux, Alandi Niemand, Marlie Potgieter, Taylor Badenhorst en Annelien Bezuidenhoudt het elkeen iets klein ontvang, en natuurlik die skoolhoof, Leon Haupt ook.

“Dit was net om dankie te sê vir al hul liefde en omgee reg deur die jaar,” het Bernadette vertel.

Volgens Bernadette het George ook met ‘n roos en sjokolade by die skool opgedaag om vir sy Valentyn te gee.

Related Articles

Back to top button