MunicipalNews

Bly weg! – Vlei in Randgate vol riool

Riool wat in vlei in Randgate uitborrel 'n gesondheidsrisiko vir alle inwoners en besighede in die omgewing, sê raadslid.

Inwoners in die Randgate-area is baie bekommerd omdat riool in ‘n vlei uitborrel.

Volgens raadslid Cina Erasmus borrel die riool al vir meer as ‘n jaar in die vlei uit, maar onlangs het dit so erg geword dat dit ‘n ander roete gevolg het in ‘n sinkgat in.

“Dit is op die hoek van Malan- en Langermanstraat in Randgate,” het sy vertel, en bygevoeg dat dit ‘n ernstige gesondheidsrisiko inhou vir alle inwoners en besighede in die omgewing.

Dit is glad nie ‘n mooi gesig nie.
Foto: Ingestuur.

Cina het onlangs vir Richard Magwanya, die bestuurder van riolering by die munisipaliteit daar ontmoet.

“Volgens Richard gaan hulle ‘n pyp in die gat insit om die riool uit te suig, en sal daarna kyk wat hulle verder gaan doen,” het sy vertel.

Related Articles

Back to top button