MunicipalNews

Herald receives 23 pages of complaints against municipality

'As a Randfontein resident for the past 37 years, this has reached a level where we can’t take it any longer.'

Lientjie Britz has taken it upon herself to ask fellow Randfontein residents how they feel about load-shedding and other municipal issues.

To the Herald‘s surprise, Britz received 23 pages of complaints – 8 000 words in total.

I asked my fellow Randfontein residents how they felt about the issues at hand as not everyone has access to social media platforms. I gave my personal email address where these complaints could be sent in writing, and then I put everything together.”

According to Lientjie a number of residents “are tired of hearing that Eskom is the problem” or that “they are busy with maintenance”.

“This is no longer acceptable for us residents. As a Randfontein resident for the past 37 years, this has reached a level where we can’t take it any longer.”

She concluded, “The Herald is the voice of Randfontein and the only way we can express our concerns”.

See all the complaints below (unedited) …

Goeie dag.

Baie dankie dat jy opstaan vir ons gemeenskap en dat ons almal bymekaar kan staan, om hiervan n sukses kan maak.

Dis vir my onaanvaarbaar, dat ons as n gemeenskap moet ly a.g.v ander wat nie betaal nie. Ek kan nie bekostig om groen te gaan nie. Omdat ek familie het wat tans by my woon, a.g.v werkloosheid. My moeder se insulin moet in die yskas gehou, word, en dit was vir my n groot bekommernis.

Seënwense

**********************************************************************************

Die hele kwessie van die onverwagse “sonder krag” is onverstaanbaar. Geen mens kan beplan nie.

Die verkeerde mense word gestraf. Laat ons direk aan Eskom betaal.

Genoeg is genoeg. Waar is die mense in hoë posisies om die gewone mense op grondvlak te hulp te snel as ons hulle nodig het.

As ons nie vir onsself opstaan nie , sal geen mens vir ons opstaan nie.

**********************************************************************************

This past weekend we had 32 hrs no power in helikonpark.. randfontein.
My wife needs to be on oxygen 24/7
We are paying customers to municipality for power

**********************************************************************************

Hi ja waar sal ons begin .Ons betaal ons minisipale rekeninge en koop ons krag. Ek verstaan Eskom sit met n” krisis” .Ek verstaan die beurtkrag maar hoe is dit moontlik om verskillende “loadshedding ” aps te download maar daar is nie een wat reg werk met die skedules nie .Ons is besig om ons elektriese ware te verloor en so ook ons voedsel.

Daar is baie klein ondernemings wat daar onder lei en wel hulle krag ens betaal . Om ons kom 100 de free housing ens op en daar word nie krag af gesit of water toegemaak as hulle nie betaal nie .Ons moet maar net glimlag en probeer positief bly maar ons minisipale of dan te wel ons” regering “doen nie hulle werk nie .As hulle by hulle skedules bly sal dit beter gaan .

**********************************************************************************-

Hi

Ek wil net n klagte gee ivm ons krag wat meer af is as wat dit aan is. Ons bly in Greenhills ext 3 Randfontein/ Randgate omgewing. Ons krag was bv vandag 14:30 af en dit het eers weer die gisteraand 22:30 aangekom. Die vorige dae (kere) sit hulle die krag af vir partykeer 6ure dan gaan dit aan vir so 2 of 3 ure dan gaan dit weer af vir so 6 ure en so gaan dit aan. Saterdag byvoorbeeld het ons in 24uur se tyd 3 ure krag gehad en die res van die tyd was dit af. Ons elektriese ware is besig om in te gee agv die af en aan. Die gaan ons vergoed as ons goed breek agv die beurtkrag wat so buitensporig is?!

Hoop dit kan spoedig beter gaan.

Groete

**********************************************************************************

Hi Lientjie,

Dankie dat jy iets omtrent die saak wil doen en mense se klagtes saam probeer sit.

Ek is n eienaar van twee nuwe besighede wat probeer n lewe en toekoms bou vir myself en ander om my. Soos dit huidiglik gaan het ons 3 keer n dag krag onderbreukings en ons kry nie ons werk gedoen nie, besighede en mense se gesondheid lei daaronder oor meer ure in gesit moet word om net deur ons werk gewone te kom, wat nog van n besigheid te probeer groei.

Gister was ons krag vir 7 ure af, 10 min aan en weer daarna 3 ure af, dis belaglik, waar gaan dit eindig? As ek kon was ek nou uit die land uit maar ongelukkig is dit nie n opsie op die stadium nie. Skuld en rekeninge moet steeds betaal word al kom mens nie eers by als uit nie en al is dit nie altyd binne ons beheer nie…. eks moedeloos!

****************************************************************************************

Ek het my rekening betaal van R4 060 en dis party maande nog meer. Ek het ñ siek man met n swak hart en sy longe hy sukkel om asem te haal. So ek het ñ nebuliser wat ek hom suurstof gee. En dit werk met krag. Ons betaal elke maand ons rekening nou wil hulle ons saam die ander wat nie betaal nie laat boet. Ons het nie geld vir ñ krag opwekker nie en my man is disabled ook. Asb maak ñ plan.

**********************************************************************************

Ek werk v Binnelandse Sake…ons gebou is baie kompleks gebou wat veroorsaak dat net di paspoorte en id aansoeke op ons noodkrag werk….al ons ander aansoeke wat onder my afdeling val is kragloos wanneer di krag afgaan…dit beteken al ons skriftelike aansoeke hoop op in di kantoor want ons kan dit ni op di stelsel laai ni…ons enigste ventilasie in di kantoor is n air con….so ons kliente moet buite sit en een v een ingaan…..as ons sonder water sit by werk kan ons ni huis toe gaan ni….werk laat dit ni toe ni….ons moet maar net aan suffer….by di huis is di probleem dat krag 4uur afgaan voor ons opstaan…ons water werk met n drukpomp so ons kani stort ni…8uur di aand gaan di krag wee af en my man kom eers na ag by di huis…so hoe stort hy….hoe maak mens kos…jy begin en di krag gaan af…of jy bak iets ini oond en krag gaan af…my vrieskaste loop gereeld af wat di kos gehalte affekteer…ek kan net na werk stryk en was en gewoonlik is di krag dan af.

***********************************************************************************************

Hello. Ons yskas het al gegroet oor die krag af en aan, televisie het geblaas (die ou boks soort) en die mikrogolf oond. Die assuransie betaal nie vir dit nie want dis ‘n krag probleem gewees. Ek was ‘n uur lank wasgoed a.g.v die water wat stadig in loop, en daar was al 2 keer glad nie water in die huis nie. Ons betaal ons krag en water elke maand, hoekom moet ons sukkel met dit?

*********************************************************************************-

Goeie middag.

Ek bly in Fowler Park. Bo en behalwe die krag is daar nog paar goedtjies wat aandag nodig het. Ek dink om dit te lys is beter;

water druk

riool in straate(waar kinders skool toe en huis toe loop)

motors wat gediens word in al wat n parkeeraria is

die harde en aanhoudende musiek en lawaai van die taxi rank/weston butchers.

die “main shaft” se musiek(tot vroegste 4am, woensdag,vrydag,saterde, sondae )en die mense wat na dan in parkeeraria staan, motors “ref” en musiek speel hard genoeg om die dooies te ontwaak

die dorp wat so vuil is

Daar is eintlik so baie dinge dat ek nie eers weet waar omte begin nie.

**********************************************************************************

I sent this email to Eskom earlier, all I got was automated bot reply that my mail had been received, but still waiting for any human to reply…

To: customerservices@eskom.co.za

re: power alert stage 2, feb 3 2020

Dear sir / madam,

I note your communique about STAGE 2 loadshedding continuing until Thursday, and to consult loadshedding schedules or check with our municipality.

From loadshedding schedule for today, for Randfontein West – we should have had loadshedding from 16:00 till 20:30, Stage 2 is 4.5 hours per day right?

I recorded the following times over the last few days:

Friday 31 jan we were off from 0:00 – 01:00, 9:00 – 12:30, 16:00 – 20:30 21:00 – 00:00 = 12hours

Sat1 feb we were off from 0:00 – 01:00 08:30 – 12:30, 17:30 – 20:30 = 8hours

Sun 2 feb we were off from 4:00 – 9:00, 12:00 – 16:30, 20:00 – 0:00 = 13.5hours

Mon 3 feb we were off from 0:00 – 01:00, 15:00 – 21:55, 22:05-22:30 = 8.5hours

UNDER WHAT CIRCUMSTANCES IS THIS STAGE 2 ?

I contacted the municipality and they said that ESKOM was directly switching us off, and the municipality had no say in it.

Don’t get me wrong, I don’t mind if its stage 2 or stage 6 – I understand the need to fix what’s broken at ESKOM.

BUT BE UPFRONT ABOUT IT, AND GIVE US ACCURATE SCHEDULES SO WE CAN PLAN OUR LIVES AT LEAST!!!!

Yours sincerely,

**********************************************************************************

Hi

To who it may concern.

I am a businessman in Randfontein and has been for the last 30 years. Here is a few major problems in our area.

1.potholes

2.sewerage farm has not been working for the last few years and raw sewerage has been running into river that is going to Hartbeespoort dam.

3.our once lovely town does not get looked after at all if we don’t cut our grass on the ailand between the roads it does not getting done at all.

4.the past weekend we had loadshedding the whole weekend but in our case we had 18 hours down time on Sunday alone and the rest of the time 4hours on 4hours of my total bill diesel for the past 4days stand on R35 000 already and if this go on we will be forced to close up business. Our municipality is under administration and are not paying Eskom as they agreed and i think this is the reason we as paying customers are getting a hiding.

5.in November last year we did not have them taking our rubbish away for 6 weeks and we had to do it ourselves and still had to pay as i am running restaurants in the area we cannot leave it as this is a health risk i am paying the council R11 000 for this service and did not get credit for this as we had to do it ourselves for that period.

6.The dump in town is also not functional at all and all the machines that is there to help has been broken the last 2 years and is standing there and getting vandalized .

7.our traffic offices are more closed than they are open due to strikes .

Ns. there is still a lot to be said of this once lovely town but i just mentioned a few

Our town is busy falling in to pieces

**********************************************************************************

Ek wil net die volgende klagtes onder u aandag bring van ons situasie in Randfontein.

1. Geen kommunikasie van die Raad om inwoners ingelig te hou nie. Raadslede meeste van die tyd ook oningelig van wat aan die gang is.

2. Ons ervaar ongekende “loadshedding” sedert laasweek. 3 keer per dag elke keer vir 4 en ‘n half uur en somtyds nog langer. Gister was ons vir 7 ure af. Agterna word gese daar was ‘n kabelprobleem. Daar was nie vroegtydig of gedurende die onderbreking enige boodskappe om ons ingelig te hou nie. Humeure word onnodig beproef na ‘n lang dag se werk.

3. Vrae aan die burgemeester word sleg beantwoord. Sy skryf alles toe aan ESKOM, vandalisme en diefstal. Die agterstallige geld aan ESKOM word nooit genome nie.

4. Ons dorp se hoofstraat is gladnie meer veilig nie. As jou handsak nie gegryp word nie, word jou motor gesteel of by ingebreek.

5. Woongebiede dwarsdeur die bank se riool is ‘n GROOT probleem en uiters gevaarlik.

6. Strate is in ‘n haglike toestand. SLAGGATE so groot dat jy vrees om met ‘n kar te ry op sommige paaie. Net die deel waar die skou gehou word, word jaarliks van Februarie af reggemaak en gras word gesny.

7. Sypaadjies is vuil en onveilig.

8. Papiere, bottels en plastiek word nerens (woongebiede en Sentrale Besigheidsgebied) opgetel en skoongemaak nie. Ry jy by werkers verby staan 8 tot 10 met hulle hande in hulle sye en net 1 of 2 is besig om te werk?!?! Ry jy later weer daar verby is dit nogsteeds dieselfde. Elkeen van hulle word aan die einde van die maand betaal. Stop jy en vra wie is die Supervisor kyk hulle vir mekaar en niemand antwoord jou nie. Hulle word net afgelaai en niemand volg op of ‘n sekere hoeveelheid werk vir die afgehandel is nie. So gaan dit dag na dag en ons dorp lyk aaklig.

9. Ek stap in die oggende en sien baie “mangate” en afvoeropeninge wat bloot net oopstaan. Geen bedekkings en uiters gevaarlik.

10. Ons gholfbaan is ‘n seeroog. Op die gholfbaan groei die gras heuphoogte en geen onderhoud word meer gedoen nie. Ek weet van 15 van die min lede wat nog oorgebly het, het nou ook oorgeksuif na Krugersdorp Gholfbaan. Ons doen Parkrun op ‘n Saterdag daar, maar dis eintlik baie gevaarlik want jy weet nie wat le tussen die grasse nie en kan maklik op n groot klip of in ‘n gat trap. Ek dink dis eintlik ‘n verleentheid vir so ‘n organisasie wat deur groot firmas geborg word, om onder sulke omstandighede dit nog aan te bied. Ons voorsien dat dit dalk binnekort deur plakkers oorgeneem kan word as daar nie vining iets gedoen word aan die baan se voorkoms nie.

11. Ons as inwoners is baie bekommerd oor die waarde van ons eiendomme wat niks meer werd is nie want niemand wil in so ‘n dorp bly nie. Praat jy met iemand wil almal net padgee.

**********************************************************************************************-

I am currently employed and work in Randfontein.

I changed over to prepaid electricity to avoid having incorrect accounts that never get sorted out and having the possibility of my electricity being cut. This way I could monitor the amount used and know that my electricity is pre-paid and could top up as and when required.

The company I work for depends on electricity to manufacture packaging for the food industry which we also export. Unfortunately, due to the heavy increases in electricity rates and all the load shedding it has impacted our company negatively that they have had to retrench 3/4 of the staff over about a year. The problem is that the machines used to manufacture need time to heat to manufacture our products and by the time they are ready we have electricity load shedding. It is very difficult to plan around this and we are losing customers due to this. This has impacted many lives of the employees retrenched who also live in Randfontein and many are the only bread winners in their families.

I myself am an only breadwinner in my family with my mother who is living with me to help me with my husband who is on oxygen 24/7 and unable to work.

This leaves me in a very bad situation, if the company I work for closes its doors due the electricity problems then I will lose my job. I cannot care for my mother and husband.

I will not be able to pay for all the medical needs for my husband, that he needs to stay alive.

I feel it is not fair as I chose to change over to pre-paid to ensure that I have the electricity needed and I cannot use it due to load shedding. I now do not have spare money to pay for a generator or even buy the petrol if I could borrow one the keep my husband medical machines running.

Why is it that we as individuals and companies cannot pay the money directly to Eskom? It is not our fault that the municipality is misusing these funds and not paying Eskom. Why should we be punished?

Not only is there electricity problems but roads badly damaged and not repaired. Sewerage running down the roads and clean water pipes not repaired after reporting it on numerous occasions. What is happening to the money they are collecting from the companies and residences her.

Please if anyone can assist in helping to save this town, save our jobs, and help keep our families alive and together.

Desperate plea

Randfontein resident.

**********************************************************************************

*Baie dankie dat iemand die saak aanvat .

Jy het my volle sameweking

**********************************************************************************

Ons krag is in totaal +- 13 ure n dag af

Goeie middag ek wil dit net onder u aandag bring dat Helikonpark op 3 Februarie 2020 vir 8 ure loadshedding aanmekaar gehad het. Die krag het 15:00+- afgegaan en het eers na 22:00 weer aangekom.

Oor die naweek het die krag 3 keer per dag afgegaan vir 4-5 ure

**********************************************************************************

Goeie dag,

Ons is woonagtig in Greenhills Randfontein ons is oor die naweek 3 keer ‘n dag geloadshed.

Wat toe ook die water toevoer begin beinvloed het.

Ek het 2 kinders dus maak dit die bad tyd ens soveel moeiliker.

Ons het ‘n JOJO tank gaan koop – wat ‘n ekstra uitgawe is – sodat ons kan seker maak ons het water vir die diere en kinders.

Ons het koop krag, dus betaal ons mos vir ons krag.

En ons munisipaliteit rekening is op datum betaal vir die water, rates & taxes.

Daar is nou gerigte dat Eskom die keuse kan maak om die krag toevoer HEEL TE MAL af te sny n a ons dorpe.

Dit is totaal onaanvaarbaar want wat van die mense wat wel betaal? Hoekom moet ons ook daar onder gebuk gaan?

Ek hoop regtig dat die regte mense sal ingryp en ‘n oplossing hiervoor sal kry.

Indien jy enige ander inligting benodig laat weet my gerus.

Groete,

**********************************************************************************

Middag.

Waar om te begin oor die geen diens wat ons as inwoners en besigheids eienaars ervaar in die dorp van ons.

Ek en my man het hier groot geword weg getrek vir werk en het weer middel 2018 terug getrek.

Geskok en baie hartseer om te gesien het hoe die dorp agteruit gegaan het.

Potholes oral wat gald nie reg gemaak word nie of hulle gooi sand in en gooi teer bo oor. Eerste reen en die pothole is terug.

Geen straat naam van n dag oud nie.

Ons het huis gekoop einde 2018. Mei 2019 word ons manhole gesteel voor ons erf. Wag nou nog vir hulle om dit te kom vervang. My man het dit self probeer toe maak en n stuk hout oor die gat vas geboor net dat mens kan leef in jou eie huis sonder dat die aaklige reuk in die huis hang.

Ons het n besigheid en ry baie rond. Omtrent elke tweede straat het n drein wat oorloop en dit loop vir weke aan een. Niks word daarom trent gedoen. Die sewage plaas loop gedurig oor, dit loop oor die pad in die rietspruit revier in en al die plaas boere wat daardie water moet gebruik lui daar onder sowel as al die ondergrondese water word besoedel. En al daardie vuil watter loop na damme toe. Mense word siek en mens word waar van.

Dan ons wonderlike krag probleem waarmee ons sit. Ons as inwoners betaal ons deel en dan word ons gestraf met geen krag vir 4,5 ure tot 5,5 urer op n slag 3 keer n dag van laas week woensdag( 30 Januarie 2020) aand af. Hoekom word die mense se krag nie afgesit wat agter is of glad niks betaal nie. Wat word aan al die illegal konneksies gedoen, niks nie.

Maar ons wat ons deel doen moet sukkel.

Daar is hoeveel mense met klein babas en siek bejaardes en disabled mense wat krag nodig het. Maar ons munisipaliteit gee nie n hel om vir sit nie solank hulle hulle grand karre kan ry en fancy klere kan dra en groot parties kan hou. Betaal hulle niemand nie en lewer ook geen diens nie.

Die munisipaliteit kyk ook weg vir die mense wat huise op koop en dit in kommunis verander vir al die studente by westcol. Daar moet mos toesteming gekry word as daar 20 of meer mense op n erf bly, en planne wees vir al die kamers wat aangebou word.

Waar gaan al die geld heen van die mense wat betaal.

Dan ons asgatte is in n baie baie slegte toestand. Die weeg brug werk vir die laaste 4 jaar glad nie. Daar is nie n tlb wat in n werkende toestand is nie en as hy werk word hy vir privaat gebruik gebruik nie om as gatte skoon te maak nie.

Diere afval word ook daar gedump en almal kyk ander pad. Daar is n lokasie reg langs die asgatte wat dit gevaarlik maak vir n mens om soentoe te gaan.

Ons kry skaam om te sê ons bly in Randfontein.

Die Randfontein skou wat elke jaar gehou word. Dit is omtrent al wanneer die hoof paaie se sypaadjies se gras gesny word en die hoof strate se ligte werk.

Groete

Baie hartseer en terleurgestelde inwoners en besigheideienaars.

**********************************************************************************

Middag

Ek is n inwonder in Randfontein en het nog nooit n maand gemis met my munispaliteitrekening.

Krag word afgesit soos ek verstaan asgevolg van Randfontein munispaliteit wat Eskom n fortein skuld.

Dan wil ek ook onder julle aandag bring dat net seker gedeeltes afgeskadel word in Randfontein.

Die werknemers van Randfontein munisipaliteit wat geld verduister moet verantwoordelik gehou word vir die uistaande skuld en raak ontslae van hulle wat steel want steel gaan hulle weer. Dit is bitter onregverdig dat ons wat n eerlike pad loop en ons verantwoordelike dienste betaal nou die spit moet afbyt vir geld wat hulle die munispaliteit skuld.

**********************************************************************************

Goeie dag,

Vertrou dit gaan goed.

Ek wil graag die geleentheid vat om te se wat my gevoel is oor die loadshedding in Randfontein. Ons het meer sonder krag gesit as met krag die laaste paar dae. Ek het my eie besigheid of kom ek stel dit so ek probeer maar dra maklik R20 000 se stok op n tyd vir my aflewerings. Met al die loadshedding het ek al daai stok verloor nie net dit nie maar moes kos koop elke dag vir aandete wat n mens nie kan bekostig nie. Ek het 6 driepvriese in my huis en het nie een oor nie almal het deur loadshedding gebreek.

Wie betaal my skade. Alhoewel ek my rekening betaal elke maand soos ek moet lei ek skade. Met gister se loadshedding moes ek na 10 die aand eers vir my kinders kos maak wat nog op laerskool is en vandag is hulle nie skool nie weens moegheid. Ek het n vriendin in Brakpan wat gese het hulle het eenkeer loadahedding gehaad in die laaste 2 weke ons sit hier in stilte met 3 keer n dag. Dis nie regverdig nie. Elke besigheid in randfontein lei daaronder.

Dankie dat jy tyd gemaak het om bietjie verder te gaan en vir ons n stem te maak ek hoop regtig dat jy iewers kon want hierdie is net te veel.

Vriendelike Groete

**********************************************************************************

Graag wil ek net weet waarom moet ons gestraf word deur ander wat wanbestuur toe gelaat het, waarom word daar nie op hulle bates beslag gelê en vervolg word nie.

Wat word van die bedrag wat op ons w/ligte rekening verskyn wat aandui “maintenance fee”????

Teleurgesteld in die party vir wie ek gestem het, waarom lig hulle nie die uit die kussings wat wanbestuur toegepas het, vir watter party moet ek nou stem.

Groete

**********************************************************************************

Ek stem saam met jou die loadshedding wat ons so in Randfontein en Krugersdorp het gaan my nie meer aan nie. N mens weet nie meer wanneer die krag af of aan gaan nie. Dan sit hulle dit nog op die onmoontlike tye ook af wanneer mense van die werk af kom om vir hulle gesin kos te maak. Nie almal het die geld om elke aand weg neem etes te kan koop nie. Daar is in baie huise selfs Babatjie wat se melk warm gemaak moet word. En boonop is dit ook nog gevaarliker as die krag af is. En is makliker targets om in huise in te breek. Ons het van gister 15:00pm tot 22:30pm sonder krag gesit. Die krag wat n mens moet betaal kan n mens net so eindelik op n generator gebruik vir sy petrol. En nie net dit nie daar is baie mense wat dit nie kan eers bekostig nie. Arme kinders wat moet leer in die donker voor n kers nee man dis n skaamte. En wat van ons almal se vleis en kosse wat in yskaste en deepfreezers is gaan hulle dit vir ons terug betaal nie glad nie. Want waarvoor moet hulle nou worry. Dis lekker om die mense se geld te vat en te sien hvl vleise en kosse hulle verloor.

Groete

**********************************************************************************
Ek voel net dit is BAIE onregverdig en dit tas my mense regte aan om sonder krag te sit 3 keer op ‘n dag vir 4 ure. Die afgelope naweek het hulle ons krag afgesit vir 4 ure op ‘n slag sonder enige schedule

Ons moes maar raai en hier teen Sondag agtergekom dat dit 4 ure aan en 4 ure af is. Ek het ‘n Pre Paid meter, so as ek nie betaal nie het ek nie krag nie en vir die 30 jaar wat ek in my huis bly was my Munisipale rekening NOG NOOIT agterstallig nie, vooruitbetaal ja, maar dit doen ek ook nie meer nie want hulle vat die minus voor die bedrag weg en dan sukkel jy 6 maande om dit vir hulle te verduidelik dat jy vooruit betaal was en nie agterstallig nie.

Ek moes my alarm en my hekmotor se batterye vervang, onnodige onkostes en dit is nie ou batterye wat se leeftyd verby was nie ek het in November 2019 ‘n NUWE battery vir my huis se alarm  gekoop en moes gister weer een gaan koop want die battery werk nie meer nie.

Ek is ‘n weduwee en bly alleen en my alarm is vir my die enigste veiligheidsmaatreel om myself en my goed te beskerm. Die assuransie maatskappye is gou om te vra of jou alarm gewerk het as hulle by jou huis inbreek. Wat moet ons se oor die alarm wat se batterye nie meer werk nie agv loadshedding? Met ander woorde as hulle jou goed steel gaan die assuransie nie wil uitbetaal nie, omdat die alarm nie gewerk het nie.

‘n mens voel soos ‘n gevangene in jou eie huis as die krag af is kan jy nie met jou kar ry nie want die garage deure wil nie ookmaak nie en om dit manual oop te maak is vir my te swaar om alleen te behartig.

Ek het ‘n gestremde kind wat serebraal gestrem is en wat epeleptiese aanvalle kry. God Dank niks het met een van ons oorgekom gedurende die tydperk wat die krag af was nie, ek weet nie hoe ek dit souk on behartig het op my eie nie.

My Geyser is op ‘n timer want ek probeer maar soos almal kostes bespaar en met al die ontydige loadshedding het ek nie my kind kon bad nie want die water was nie warm genoeg nie.

Gister die 03.02.2020 was ons krag weer vir 8 ure af weens ‘n kabel fout wat veroorsaak is deur die loadshedding.

Ons besef die land en Eskom het ‘n probleem, maar as daar dan MOET loadshedding wees, vra ons net dat hulle ‘n schedule gee en dan by die schedule hou. En dit regverdig toepas. Ek het persoonlik met iemand gepraat wat in Roodepoort bly en hulle weet nie van loadshedding nie, hulle krag was aan die hele naweek van die 31.01.2020 tot die 02.02.2020.

Ek het nou van ons CPF groep ‘n berig ontvang oor die Krag onderbrekings waar hulle blykbaar wag vir die INWONERS vir ‘n verslag oor hoekom ESKOM nie ons krag op die Wesrand moet afsny nie. Wat kan ons as inwoners doen of sê, ek praat namens my self en ek glo daar is ook ander mense wat in die selfde bootjie is as ek. Ek is ‘n betalende inwoner van die Wes Rand waarom moet ek gepenaliseer word. Hoekom sit hulle nie die mense wat NIE betaal nie se krag af nie. Ek glo daar is ‘n manier hoe dit bewerkstellig kan word. Waarom moet die mense wat vir hulle dienste betaal nou daar onder ly.

Ek hoop regtig dat hulle ons klagtes sal in ag neem want ons kan nie verantwoordelik gehou word as die Munisipaliteit nie die gelde oor betaal aan ESKOM soos dit veronderstel is om gedoen te word nie, dan moet hulle ‘n manier kry soda tons die gelde direk aan ESKOM kan betaal om bedrog en wanbetalings te voorkom

**********************************************************************************

Ons het van Vrydag af elke 4ure krag onderbrekings gehad. Die kompleks waarin ons woon se motorhek batterye het afgeloop en het nie kans gehad om te genoeg te herlaai in die rukkie wat ons wel krag gehad het nie. Die kragonderbrekings het 7 tot 8ure geduur. Asof dit nie erg genoeg was nie het ons ook nie water gehad nie. Ons koop krag en betaal ons munisipale rekenings voor die einde vd maand. Hoekom moet ons ly as ons ons rekeninge betaal en voorsien dat ons wel elektriese tyd aankoop!

**********************************************************************************-

Good day,

Fresh water has been running freely down our road since 9 March last year.

Have been trying to replace our water meter cover that was stolen 4 years ago with zero response.

Hope this helps.

**********************************************************************************

To whom it may concern

I have been a resident of Randfontein for more than 30 years, and yes, our beautiful town has slowly deteriorated and services almost nonexistent.

But at least we had clean drinking water and power (we have a prepaid and if there is no units there is no power) yes loadshedding has hit the entire country and if there is a schedule, at least you can make a plan.

Starting Friday the 31st of Jan 2020 we were loadshedded 3 times for more than 3.5 hours (2 of these times were as per the schedule that Eskom provides, 9:00 to 12:30 and 16:30 to 20:30) but miraculously our power only came on for about 5min and boom another unscheduled loadshedding this time till 5:00am the next morning, this is where I ask myself why put the power on for 5min and then implement another stage of loadshedding?

Then it hit me like a ton of bricks, the last load shedding wasn’t Eskom but our own municipality, (I know this because when eskom loadsheds there is no single as the towers also gets loadshedded and even the water reservoir is affected as the pumps don’t run and the pressure is poor especially for Greenhills and the high lying areas)

Saturday same thing stage 2 load shedding according to Eskom but we get loadshedded another 3 times.

Now our fridges and Television sets are taking strain with the power surges, not to mention the frozen foods that are going of slowly but surely.

We have a 5-month-old son and we barely manage with smaller bath times and making sure he has bottled water so we can mix his milk. If this load shedding were to have happened 4months ago there is no way we would be able to survive with a new born baby.

This has now happened every day 3 times a day more than 4hours at a time up to me typing this email.

The worst of all is our Municipality and their leaders are trying to pull the wool over our eyes, thinking that we would just blame Eskom and they would not be held responsible.

All we as a community ask is that clarity is to be made on why we are on stage 6 loadshedding and the rest of SA only stage 2.

Yes, some of our sewers are overflowing and the air is full of mine sand, but the funny smell is that of a cover up and corruption and we ask that you please make this public knowledge so we all know where we stand.-

Regards

30-year Resident and concerned parent

**********************************************************************************************-

Hi Lientjie,as iemand ook net agter die Kollege kan gaan kyk,daai oop stuk grond is erger as n dumping site,

Groete

**********************************************************************************************

Goeie dag

Ek stel voor dat ons almal direk aan Eskom betaal sny asb die munusipaliteite uit wat kommissie vat en steeds nie hulle rek betaal nie, ek sal eerder direk aan Eskom wil betaal sodat hulle hulle self hul besigheid kan bestuur en die land gelukkig en produktief kan hou.-

**********************************************************************************************

Goeiedag,

Ek is bly as iemand iets daaraan doen.

Ek voel persoonlik dit kan nie so aangaan nie.

Dis baie onregverdig dat mense wat prepaid krag het (maw die geld vir krag word dadelik oor betaal aan die munisipaliteit) af gesit word.

Dis nie asof die mense nie hulle krag betaal nie. Dis ons munisipaliteit wat nie die krag aan Eskom oor betaal nie.

Eskom kan dit oplos deur dat ons direk aan hulle oorbetaal en nie eers aan die munisipaliteit nie.

Dankie en groete

**********************************************************************************************

Ek werk vir n klein transport besigheid hier in Aureus Randfontein , wat ,behalwe vir die email adres nou hierbo, annoniem sal wil bly .

Ons sukkel al van begin 2019 af dat die munisipaliteit kan kom kyk na die water , ons dink die gat is vol want as jy die toilet flush dan stoot dit op voordat dit skoonmaak ,dit stoot darm nog nie oor nie , maar dis genoeg om mens benoud te maak , tot nou toe , soos gewoonlik , was daar nog geen antwoord as ons na die Randfontein Stadsraad kantore inbel nie en vanselfsprekend nog niemand hier nie .

Die krag , dan word daar kabels gesteel oorkant die pad en vir dae lank nie vervang nie , wat die hele besigheid laat stil staan. Ander dae is daar 3 keer n dag loadshedding , geskeduleer of nie. Saam die krag wat afgaan is daar ook geen sein nie so jy kan glad nie die drywers kontak of deur die bank oorplasings doen of einde van die maand VAT en EMP201 indien nie , of enige enige besigheid (behalwe filing) probeer doen nie .

Dan oppad na jou alweer donker huis , ry jy deur 70 potholes so groot soos n kwart van jou kar , maar darm nie die hele pad nie , daar waar die pad egter heel is ry jy deur gisteraand se ontlasting , want die manholes loop nogsteeds oor . Tog bly die rekeninge dieselfde wat jy getrou , elke maand, aan die stadsraad betaal , want waag jy dit nie betaal nie , word daar sommer dadellik n rooi briefie by jou hek ingesteek wanneer hulle “ewe skielik flukse” helpers jou elektrisiteit kom sny buite by die boks terwyl jy by die werk is .

Dis egter nie net sleg nie , ons kry darm n doodse stille nagrus van omtrent half 8 (om en by wanneer dit buite donker word ) in.

As hierdie emails gaan help dan kry ek sommer almal wat ek ken wat n email het om vir jou te stuur , of wel die mense wat deur die munisipaliteit elektrisiteit kry , want my ouma hulle bly op Dwarskloof plotte, daarna by die Oval tracks , hulle kry nie so ding soos loadshedding nou nie , hulle kry direk by Eskom hulle elektrisiteit. As dit wel die rede is hoekom hulled an krag het as ons in die donker sit , hoe doen mens aansoek om direk by Eskom elektrisiteitte kry ?? Dan sny ons hierdie geldgierige middelmanne uit.

Baie dankie vir die geleentheid om bietjie af te pak , ek klink baie ouer as wat ek is .

Groete

******************************************************************************************

Ek voel uiters omgekrap oor die feit dat mens ten duurste betaal om generators en inverters te koop om jou krag aan te hou waarvoor jy reeds ook ten duurste betaal!! Die beste van als is ons het kragbokse maar ly ook onder die belaglike krag situasie.

Om nie eers te praat van water nie. Gister (02 Feb 2020) was my ouers se buurt al vir die 3e dag sonder water!!!!

Ons krag was ook af vir 7 en ‘n half ure!!

Ons sit meer as helfte van die dag sonder krag.

Mense wat bitter hard werk en hul dienste en rekeninge betaal ly onder swak leierskap en bedrog!!

Baie Dankie

**********************************************************************************************

To whom it may concern

I wish to express my concern about frequent breakdown of electricity in our town. This whole locality is immersed in darkness and silence right through the day. At some times load shedding accure longer than 7 hours at a time. Students can’t do homework and thieves take advantage from this situation. Also, people that work long hours to come home to no electricity that leads to washing that cannot be done and dinner that can’t be cooked. The struggle when having a baby that needs boiling water for formula milk and a warm bath. This also results in misery to old people

Hoping for a positive outcome by the concerned authorities

Regard

**********************************************************************************************-
Goeie dag

Ek as inwoner en besigheids eienaar van Randfontein is bitter ongelukkig oor die krag situasie die afgelope naweek. –

Maar meer as die helfte van Randfontein se str ligte brand helder oor dag.

Ek het n groot vistank by die huis wat suurstof moet kry. Dan praat ons nie eers van die yskaste en ander elektriese ware wat besig is om op te pak nie. Gewoonlik plug ons die goed uit uit maar vanaf Vrydag 31 Januarie was dit net afgesit sonder waarskuwing.

3 Februarie was die krag af vanaf 15:00 tot 22:00. Blybaar n kabel gesteel in EEN area. Hoe gee daardie een kabel die hele randfontein krag. 21:30 was daar gese hulle ry na elke krag stasie om die krag aan te sit. Dog mens sit die krag stasie af naaste aan waar die krag kabel gesteel is. Net my opinie.-

Dan by my winkel het ek n hele paar rand die afgelope naweek verloor. Met die krag wat net afgesit is, weet ek nie wanneer om my rekenaars af te skakel nie. Ons kan nie die kaart masjien gebruik nie, want daar is geen selfoon netwerk. Wat dit ook baie gevaarlik maak. –

Hoe kontak ek my ouers (alby oor 60) indien iets gebeur?-

Nee iets moet gedoen word in Randfontein. Ons eis dat die munisipaliteit geld wolwe uitgegooi word.-

Dis absoluut onaanvaarbaar dat die water in Randfontein in so n toestand is. Vroeer jare was die kraan water drinkbaar. Vandag moet ons of masjiene koop om ons water te suiwer of ons moet water koop by oasis. Dis in so n toestand omdat watertorings nie instand gehou word nie. Soms ruik die water soos vrot dam water. –

Die riool loop amper in elke str waar jy ry. Ons mooi dorpie ruik alewig of daar onder elke boom ‘n lyk lê. –

Vullis lê oral in die strate, die paaie is vol gatte…. So gaan die lys net aan.-

Baie ongelukkig-

**********************************************************************************************-

Ek dink dit is nou bietjie tyd dat iemand dit aanvat-

**********************************************************************************************-
Hello-

I have a suggestion. Let’s all pay our utility bill to a trust and then from there pay Eskom direct. –

Regards –

**********************************************************************************************-

Ons almal in die drop is al mooi gatvol. –


Besighede lei daar onder.-

Weet en hulle trek hulle skouers op solank hulle bonusse kan kry. Met ons geld wat ons reeds betaal het vir ons krag en water. Dink ek dit is onreverdig teen ons.-

Ons gebruik prepaid krag so ons krag word vooruitbetaal. Hoekom word ons krag afgesit as ons reeds daar voorbetaal het. –

Ons yskaste pak op ons het vistanks waar ons ons vis kinders aanhou. Hulle moet ook suurstof kry. –

Hoekom kan die stadsraad nie die geld oorbetaal aan Eskom nie. Hoekom moet ons daar onderlei. En hulle sit met salarise maar kan nie betaal wat hulle moet nie. –

En dit deur mense wie nie hulle werk reg kan doen nie. As hulle nie weet hoe om hulle werk te doen nie moet hulle net se ons sal mense kry wat weet hoe om werk reg te doen. –

Ek kry skaam om te se ek bly in Randfontein. Die plek se paaie lyk sleg. Ons dorp is vuil en die staadraad doen niks.-
Sorry maar ek is gatvol vir die mense wat ons dorp so op neuk. –

En wie se krag sit hulle af. Die mense wie betaal. Maar die mense wie alles verniet wil he se krag bly aan. –

**********************************************************************************************-

Ek woon al 51 jaar in Randfontein en is n pligsgetroue belastingbetaler en inwoner in Randfontein.-

Dit is vir my bitter hartseer om te dink dat ons elke maand betaal, maar geen dienste ontvang nie, ons pragtige dorpie is besig om in n haglike toestand te verval agv. Riool wat die wereld vol loop, gras wat nie gesny word nie, tuine wat nie meer in stand gehou word nie, en Load shedding vir ure aan een. –

Ons batterye van ons hek, alarm en garage motors kan glad nie hou nie, en basies het ons geen meer verweer teen die “crime” faktore wat in werking kom wanneer die Load shedding vir ure aaneen is nie.-

Ek is n fietsryer en ons kan glad nie meer in die strate ry nie, agv. Bottelstukke wat die paaie vol le, klippe wat glad nie meer weggevee word nie, indien hulle aan n straat of sypaadjie gewerk het, word die strate nie gevee om weer skoon te wees nie. Om van die vullis strooiery en riool wat orals loop nie te praat nie.-

Ek kan glad nie verstaan dat plekke soos Soweto, Kagiso en Finsbury wat minimal vir dienste betaal, baie korter tye Loadshedding as ons het nie? Hoe kan ons as betalers in so n mate benadeel word?-

Baie dankie en lekker dag. –

Regards –

**********************************************************************************************-

To whom this may concern-

We as community were hit unfairly discriminatingly harsh with 3 times 4hours power cuts every day since 30January 2020 and continuing throughout the whole weekend. –

I am a tenant like many others who buys prepaid electricity for my electricity box, but still I and all others must suffer this blow of extreme unfairness and what is announced as stage 2 loadshedding rather becomes equal to stage 8 if not worse.-

This must be investigated by in depth journalism being it through Carte Blanche to expose this unfair practice of Rand West Municipality and in turn they deny all statements from the community and rather blame Eskom for the outages. The bottom line is, there is not even a planned schedule in place for any of our suburbs and plots to guide us to live normal lives by doing the necessary planning in advance. In my opinion this is so wrong and its depriving the community of their human rights!!-

PLEASE PLEASE WE NEED ANSWERS AND MAY IT BE VERY SOON!!!-

**********************************************************************************************-

Ek dink ook dit gaan te erg en die 3 dorpe wat geraak word val almal onder dieselfde burgemeester hoe kan sabotasie en foutiewe substasies al om die beurt afgaan en aangaan as Rndf aan is dan is een van die ander af en so gaan dit aan.-

**********************************************************************************************-

I live in Greenhills, firstly I would like to extend my thanks to you for taking the initiative to contact the SABC regarding the Rand West Municipality mismanagement. –

I do not quite know what can be said that already has not been mentioned. –

There are potholes all over, I am not sure if you have seen the huge one in Darter Road, you have to swerve all over the road to avoid them, there are always burst water pipes, I have been complaining for months about the water gushing down the road in Aureus, if need be I will go and check if it is still so. –

There is always sewerage at different points, if you go to Aureus there are so many potholes you practically have to drive on the opposite side of the road, our town is filthy, the power situation speaks for itself. –

They are building so many low-cost houses at the bottom of Greenhills near Wilbotsdal, yet they are unable to sustain what is already there.-

The Randfontein traffic department are not always open, whether they are on strike or not open one does not know.-

The main post office is a disgrace, the grass is waist high, the rubble and the smell urine is terrible.-

Street lights are out all over the place, stop signs are no longer there, stop street markings are no longer on the road.-

We pay of rates and taxes every month on time, our meter is prepaid, yet our dear municipality has not paid over the funds to Eskom.-

I run a small business from my home, it is imperative that I have internet and electricity, both of which are paid for!!-

I think it’s time for a new broom to sweep our town clean.-

If anything, more is required from me please drop me a line and once again thank you for taking your time to contact the SABC.-

My best regards,-

**********************************************************************************************-

I experience a huge problem with my water in Randfontein.-

I need to pay each month R5833.44 for the water, I buy electricity. I cannot afford to pay that amount of money every month as I am the only one that need to work to pay for the water in Randfontein.-

My husband passed away in March 2018 and since then I experience a problem, every time I go to the municipality to query the water, they just say that I need to pay the amount on my account.-

Please I do need help urgent to sort out the problem.-

Kind regards-

**********************************************************************************************-

Met my besigheid wat tans deur loop met die beurt krag sukkel ons, ek dink as Eskom regtig wil help kan hulle met liefde my twee eiendomme se rekening oorneem en ek betaal direk aan hulle, dan kan ons ook aan die water werke dieselfde se, dan sit RWM met net riool en vullis en daarmee kan hulle maak net wat hulle wil. Ek bly al 40 jaar in Randfontein en betaal elke maand voor die 7de my rekening. Eskom kan ons wat betaal genadig wees want ons werk hard en RWM maak net wat hulle wil.-

Related Articles

Back to top button