MunicipalNews

PASOP! Aureus-slaggat ‘n groot gevaar

Inwoner waarsku ander oor 'monster'slaggat in die Aureus-area.

‘n Slaggat in Steyrstraat in Aureus is ‘n groot bekommernis vir besighede en inwoners.

Volgens Japie Pretorius, ‘n inwoner van die area, is die slaggat al vir minstens vier maande ‘n probleem. Die reën van die afgelope tyd het dit nog groter laat word.

“Mense is bekommerd daaroor want dit gaan eendag ‘n ongeluk veroorsaak,” het Pretorius gesê.

Hy het vertel dat hy al die munisipaliteit meer as een keer sonder enige sukses probeer skakel het om die slaggat aan te meld, maar dat die fone net aanhoudend lui sonder dat iemand die oproepe beantwoord.

“Iets moet gedoen word. Dit kan nie meer so aangaan nie.”

Related Articles

Back to top button