School sportSport

Nuwe Graad 1-groep by Ram se eerste atletiekdag

Die Graad 1's van Laerskool Randfontein het op Maandag, 20 Januarie hul eerste grootskool-atletiekdag gehou.

Laerskool Randfontein se nuwe Graad 1’s het op Maandag, 20 Januarie tydens hul eerste amptelike atletiekdag vir die eerste keer regtig deel gevoel van die grootskool.

Elke leerder het ‘n kans gekry om aan verskeie items deel te neem en het dit baie geniet.

Lourens Nell geniet die sakspring verskriklik.
Photo: Michelle Roodt.

“Dit was net vir die pret en om vir die leerders ‘n gevoel te gee wat die onderskeie atletiekitems behels,” het Annie Nolan, skoolwoordvoerder gesê.

Die leerders se mammas en pappas het kom kyk hoe hul kinders deelneem en hulle van die pawiljoen af aangemoedig en toegejuig.

Dit verg groot konsentrasie om ‘n waterballon te gooi.
Photo: Michelle Roodt.
Amber Kleingeld gee ‘n groot sprong.
Photo: Michelle Roodt.
Zelyna Putter spring ver.
Photo: Michelle Roodt.
Xantè van Rooyen in aksie by die verspring.
Photo: Michelle Roodt.
Durant Jooste wys hoe dit gedoen word.
Photo: Michelle Roodt.
Die leerders hardloop volspoed.
Photo: Michelle Roodt.
Lesedi Jonker gooi spies.
Foto: Michelle Roodt.
George Ehlers land in die verspringput.
Photo: Michelle Roodt.
Jason Diesel besig met gewigstoot.
Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button