Opinion

Dis hoe dinge gedoen moet word!

Drie mans van Mohlakeng, wat ek toevallig in Randgate raakgeloop het, wys hoe dit gedoen kan word.

• Corrie Louw skryf:

Kan ‘n man dan nie?

Daagliks hoor ons van die verskriklike werkloosheidsyfer, armoede en ellende. Die ekonomie is glo vodde, daar is ‘n tekort aan behuising en dié dinge lei weer tot ‘n menigte aaklighede.

Ons weet wat dit is. Maar, waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.

Drie mans van Mohlakeng, wat ek toevallig in Randgate raakgeloop het, wys hoe dit gedoen kan word.

Hulle het op ‘n unieke manier hul eie tuindiensbesigheid sedert 2000 aan die gang en bedien volgens Maurice, die leierhand, verskeie persele oral in Randfontein.

Hy word bygestaan deur Sergio en Kirito.

Meegaande foto’s wys hulle oulike sleepwa, volledig toegerus met tuindiensbenodighede. Dit word eenvoudig met ‘n trapfiets getrek. Die toerusting sluit ‘n grassnyer en randsnyer in!

Dit kan mos gedoen word.

Eskom of te nôt, soos die oumense gesê het.

Tuingereedskap agter op die mans se sleepwa. Foto ingestuur.
Die fiets wat die sleepwa trek. Daar is plek vir twee mense. Foto ingestuur.
Die mans se sleepwa met tuingereedskap. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button