NewsSchools

Na 12 jaar is ons klaar – Jannas-matrieks

Op Woensdag, 8 Januarie het die 2019-matrikulante van Hoërskool Jan Viljoen bekommerd by die skool aangekom om hul uitslae te gaan haal. Dit was goeie nuus wat daar op hulle gewag het!

Hoërskool Jan Viljoen se matrieks van 2019 was op Woensdag, 8 Januarie verlig nadat hul uitslae bekendgemaak is.

Die eindeksamen was vir die meeste matrikulante ‘n stresvolle tyd maar op hierdie dag is daar gevier en gesels oor wat die toekoms vir hulle inhou.

Magdaline Motlhale, Lauren Pienaar, Caslin Buthelezi en Kayleigh Vaaltyn is almal baie verlig oor die goeie nuus wat hulle ontvang het.

Talle van die Jannas-matrikulante was beïndruk en terselfdertyd verstom oor hoe uitstekend hulle gevaar het.

Soos talle ander matrieks in die land sal die 2019-Jannas ook nou die grootmenswêreld betree.

Monè Kruger en Samantha Robinson is baie beïndruk met hulself.

Ons wens hulle almal baie sterkte toe met hierdie nuwe fase in hul lewens!

Dirkie Louwrens is trots dat hy so hard gewerk het.
Julian Swarts en Angelique van Niekerk klink ‘n glasie op die grootmenslewe.
Dawid Janse van Rensburg is baie verlig oor sy uitslae.
Sina Strydom is baie trots op haar seun, Thinus se uitslae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button