EntertainmentLifestyle

Klein voorsmakie van die 2020 Randfontein Skou

Organiseerders van die Randfontein Skou gee ‘n voorsmakie van die dorp se grootste skouspel wat op 5 Maart 2020 sal begin.

Skou-organiseerders sê volgende jaar se 34 weergawe gaan vir die eerste keer ooit met ‘n groot partytjie in die Skou Markiestent afskop.

Die 2020 Randfontein Skou sal van Donderdag, 5 Maart tot Sondag, 8 Maart by die Greenhills Stadion plaasvind.

“Kom dans saam met top kunstenaars soos Kurt Darren, Die Campbells, Dirk van der Westhuizen, Petro de Villiers van The Voice, Vincent Gordon en Abel Knobel. Daar gaan ‘n groot prys wees vir die beste danspaartjie van die aand. Ons nooi al die dansliefhebbers om te kom deelneem,” het Joy Hamann van die Randfontein Publisiteitsvereniging (RPA) gesê.

“Ander groot pryse, onder andere vakansies, Skoukaartjies, mallemeulekaartjies, etegeskenkbewyse en nog vele meer kan dié aand gewen word. Skoubesoekers word genooi om hulle Skoukaartjie se afskeurstrokie saam te bring Skoutent toe om deel te neem aan al die gelukstrekkings.”

Besoek die webblad https://www.randfonteinshow.co.za vir meer inligting en die volledige Skouprogram wat vanaf 8 Januarie 2020 beskikbaar sal wees.

Vir navrae skakel die Skoukantoor by 011 412 2878/ 1562 of epos vir Joy Hamann by joy@randfonteininfo.co.za.

Petro de Villiers van ‘The Voice’.
Foto: Ingestuur.
Jennifer Zamudio.
Foto: Ingestuur.
Die Campbells.
Foto: Ingestuur.
Kurt Darren.
Foto: Ingestuur.
Dirk van der Westhuizen.
Foto: Ingestuur.

Related Articles

Back to top button