Local sportSport

Rugbyklub hou gholfdag as fondsinsameling

Verteenwoordigers van talle besighede het gholf gespeel ter ondersteuning van Randfontein Rugbyklub se gholfdag in Krugersdorp.

Randfontein Rugbyklub het op Vrydag, 29 November hul jaarlikse gholfdag by die Krugersdorp Gholfbaan gehou.

Volgens Johan Cronjé, voorsitter van die klub, het dit as ‘n fondsinsameling gedien en is goed ondersteun.

Mornè de Bod is die ene konsentrasie voordat hy sy sethou speel.

Lulu Kleyn, die Randfontein Rugbyklubbestuurder het gesê daar was ‘n totaal van 68 spelers. Die klub bedank elke besigheid en organisasie vir hul bydrae en ondersteuning.

Riaan Mong, PD van der Merwe, Wandrè Cronje en Arno Cronje van Cremos Cremations.

Die uitslae was soos volg:

• Charles Benecke: Langste dag-wenner
• Brandon Keevy: Langste dryfhou-wenner
• Quinton Steyn, Donavan Jonker, Theo Calitz en Dean de Klerk: Naaste aan die pen-wenners
• Theo Lutt en Andrè Herbst van Ben Morgenrood: Wenners met ‘n telling van 50

Stean Pienaar van the Lions slaan af.
Francois Joubert probeer die regte hoek kry.
Quinton le Roux probeer om met ‘n sethou ‘n voëltjie te behaal.
Rudi Marx in aksie op die gholfbaan.
Quinton le Roux, Sylvester Engelbrecht, Barries Meintjies en Mornè de Bod op die gholfbaan.
Allison Bowie (NWK), Corne Hulme, Hennie van Eck (albei Pest Control), Julian van der Walt (NWK), Evert du Plessis en Michael Grobler (albei Pest Control) en Andrè Geldenhuys (NWK) het drie van die talle besighede by die klub se gholfdag verteenwoordig.
Michael Grobler, bekende Randfonteinse sakeman probeer uit die sandkuil ontsnap.
Tammy, Theo en Maryna Lutt saam met Andrè Herbst, Henk Lee en Rian Kleyn van Ben Morgenrood.

Related Articles

Back to top button