NewsSchools

Ram hou skuimpartytjie om jaar af te sluit

Laerskool Randfontein het op Vrydag, 22 November 2019 die jaar met 'n skuimpartytjie afgesluit.

Kleuters en junior leerders van Laerskool Randfontein het op Vrydag, 22 November die jaar goed afgesluit met ‘n skuimpartytjie.

Almal het die dag geniet, ook die onderwysers wat lekker in die koelte kon sit en kyk hoe die leerders in die skuim baljaar.

Schalk Scheepers, Mikayla Mennigke en LeShawntè Codison speel lekker saam op die springkasteel.

Firematic het seker gemaak dat daar genoeg skuim was, wat toe later vir water verruil is. Die laerskoolleerders het nie op hulle laat wag om in die skuim te gaan speel nie en sommige van die onderwysers het nat skuimdrukkies van die leerders gekry.

Die Ramkriekies het hul dag geniet op die springkastele wat Di-Anne Reed, ‘n ouer van Laerskool Randfontein geborg het.

Almal wou met die skuim gegooi word.
Die leerders kry kans om lekker af te koel in die warm weer.
Die Graad 7-dogters geniet hulself gate uit.
Die leerders speel te lekker in die water.
‘n Kleuter op die springkasteel.
Lee-Ann Nel se klas speel lekker op die springkastele.

Related Articles

Back to top button