Local newsNews

Kersliedere by Kerslig kry R’fontein in die Kersstemming

Dit het reeds soos Kersfees gevoel toe talle inwoners van Randfontein saam met die onderskeie kerke 'n Kersliedere by Kerslig-aand by Tambotie-winkelsentrum op Saterdag, 23 November gehou het.

Die gemeenskap het op Saterdag, 23 November by Tambotie-winkelsentrum bymekaar gekom vir ‘n Kersliedere by Kerslig-geleentheid.

Daar is talle Kersliedere gesing en die dae totdat dit Kersfees is word beslis nou afgetel.

Ferdie en Alta van Deventer.

Die Metah Foundation, ‘n niewinsgewende organisasie in Randfontein, is dié jaar die gekose begunstigde.

Stephen Aucamp, een van die organiseerders, het gesê die aand was baie suksesvol en almal het dit geniet.

AGS Groenweivelde, AGS Randgate en Woord-en-Lig Kerk se voorsangers lei die gehoor om Kersliedere te sing.

“Almal het hul stoele gebring om saam na die musiek te luister. Elkeen het ook ‘n kers gekry wat toe aangesteek is. Ons almal sien nou uit na Kersfees.”

Related Articles

Back to top button