Local newsNews

Kultuurleerder van die Jaar spog met talle titels

Die talentvolle Gemma Botha spog met talle titels en toekennings wat sy deur die jaar ontvang het.

Gemma Botha, 15, ‘n Graad 9-leerder van Hoërskool Jan Viljoen, is onlangs as Kultuurleerder van die Jaar aangewys.

Haar lang lys van prestasies, wat strek van kultuur tot skoonheid, is indrukwekkend.

By RACA het sy vir haar klaviersolo twee platinumtoekennings en een diamanttoekenning ontvang, vir haar sangsolo het sy twee platinums asook drie diamante gekry, en vir haar sangsolo met begeleiding spog sy nou met twee diamante. Vir toneel het Gemma ‘n platinum verwerf.

Gemma tydens Mnr en Mej Jannas 2019. Sy was as Debutant en Mej Jannas Junior Eerste Prinses gekroon.

Wat kreatiewe werk betref het sy vir fotografie vyf platinums asook vyf diamante verower, en vir haar modernedanssolo het sy ‘n diamant gekry. Vir haar modernedansduet het sy goud gekry, en vir haar liries kontemporêre danssolo is twee platinums aan haar toegeken.

Gemma spog ook met drie diamante en een platinum wat sy vir ballet ontvang het.

Sy was die kategoriewenner vir balletsolo en vir swart-en-wit-fotografie.

Gemma tydens Mnr en Mej Jannas 2019. Sy was as Debutant en Mej Jannas Junior Eerste Prinses gekroon.

Aangesien Gemma die algehele wenner vir dans en kreatiewe werk was, is sy nou ook ‘n lid van die Diamantklub.

By die Roodepoort Dance Festival het sy twee eerste plekke en een tweede plek verower, en by die Heritage Week Cultural Festival het sy ‘n diamant verwerf.

Sy het vier gouemedaljes by Talent Africa gewen en is gekies as lid van Talent Africa National. Gemma het ook haar Graad 2-musiekteorie-eksamen deur UNISA geslaag.

In die Mnr en Mej Jan Viljoen-kompetisie is Gemma vanjaar as Eerste Prinses asook Mej Debutante aangewys.

By die FAK Allegretto Fees het sy vir verhoogbestuur ‘n brons verwerf, vir beligting verower sy ‘n silwer. Vir beligtingsontwerp verower sy ‘n brons, vir klank ‘n silwer, en vir klankontwerp kry sy ‘n goud. Gemma spog ook met ‘n goud vir plakkaatontwerp en het vir aktualiteit ‘n prestigetoekenning ontvang.

Gemma het erekleure buite skoolverband ontvang en Lourier-toekennings binne skoolverband. Sy is die afgelope twee jaar ‘n lid van die Verteenwoordigende Raad van Leerders.

“Ek wil net dankie sê vir die Here vir my talente en my ondersteuningsnetwerk asook vir die geleenthede wat ek aangebied is,” het Gemma nederig oor haar prestasies gesê. “Alhoewel dit ongelooflik harde werk is, bly dit steeds ‘n voorreg om my passie te kan uitleef. Ek is geweldig geseënd met inspirerende mentors wat my lewe verryk.”

Volgens Tammy Smith, woordvoerder van Hoërskool Jan Viljoen is die hele skool uiters trots op Gemma.

“Sy is die mooiste persoon – van binne en buite,” het Tammy gespog.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button