Opinion

Alle munisipale strukture stort in duie

Die gemeenskap verkeer armsgevou op moedverloor se vlakte asof ons kinders maar kan kranse bring.

Toekies het ‘n politieke dood gesterf.

Alle munisipale strukture is besig om in duie te stort, asook dienslewering soos vullisverwydering en slaggate herstel. Die opgeknapte kleinsakesentrums staan in onbruik terwyl die verwoeste munisipale kantoor ons uitlag en eerder ‘n rioolvloei voor ons aanbiddingsplekke meegebring het.

Die gemeenskap verkeer armsgevou op moedverloor se vlakte asof ons kinders maar kan kranse bring.

Dan is daar die agteruitgang van die jeug wat in dwelm- en alkoholmisbruik verval het.

My neef, Charles Dickson, die gemeenskapskoorleier en orrelis is hewig gegrief oor struwelinge onder kerke, en mense met gesindheidsprobleme by openbare bedieningsplekke. Sy seun, Oliver Dickson, die redenaar en omroeper by die 702-laatnaggeselsprogram het selfs die afwisselende stilstand van die plaaslike polisiekantoor bevraagteken (mooi Ollie).

Pastoor David Dhladhla het op 26 Oktober ‘n massagebedsdiens by die RSS-skoolsaal saamgeroep om alle kwellende aspekte voor die Opperwese te lê, in die lig van 2 Kron 7 vers 15: verootmoedig jouself en bid.

Dalk sal ons gemeenskap in geheel genees word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button