NewsSchools

Kunswerke van Riebeeck iets om te aanskou

Kunswerke van Graad 10 tot 12-leerders van Hoërskool Riebeeckrand is onlangs tydens 'n kunsuitstalling bewonder.

Ouers, medeleerders en ondersteuners het die kunswerke van leerders van Hoërskool Riebeeckrand onlangs tydens ‘n kunsuitstalling bewonder.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, was die doel van dié uitstalling om ouers, familie en vriende die geleentheid te gee om dié spogwerke van hul kinders te kom besigtig.

Van die werke wat uitgestal is tydens vanjaar se kunsuitstalling.
Foto: Elzeri Wright.

“Ons hou jaarliks ‘n kunsuitstalling waartydens Visuele Kunste-leerders van Graad 10 tot 12 se kunswerke uitgestal word. Vanjaar was dit die vierde kunsuitstalling en dit was ‘n reuse sukses,” het Elzeri gespog.

“Ons leerders se tegnieke en selfvertroue verbeter kwartaalliks. Hulle groei ook emosioneel en dit reflekteer in hulle werke. Ons is trots op elkeen van hulle,” het Varuska Denysschen, Visuele Kunste-onderwyser by Riebeeckrand gesê.

Van die werke wat uitgestal is tydens vanjaar se kunsuitstalling.
Foto: Elzeri Wright.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button