Hoërskool Riebeeckrand het hul jaarlikse jaareindbal op 11 Oktober gehou. Die tema was ‘Bikers vs Surfers’.
Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat die een helfte van die saal soos ‘n tropiese paradys versier was, en die ander helfte soos ‘n motorfietspretbaan.
“Die Graad 10-raad was aan stuur van sake en hulle het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Die saal was sprokiesmooi versier.
“Die leerders het die aand omgedans en hulself gate uit geniet, en wanneer hulle voete moeg gedans was, kon hulle heerlik buite voor die saal op die grasperk kuier,” het Elzeri gesê.
Volgens Elzeri was hierdie maar net een van vele aande van herinneringe wat hul vir altyd sal kan koester.