Local newsNews

‘n Feestafel-wenner: Die allerbeste feesham!

'n Vark-resep waarmee jy die familie en vriende se asems kan wegslaan hierdie Feesmaaltyd.

Varkvleis is dalk nie almal se gunsteling nie, maar dié verglansde ham is ‘n beproefde wenner!

Danksy Sarie se Desember 1997-uitgawe deel die Herald graag die volgende resep waarmee jy familie en vriende se asems by die Kerstafel kan wegslaan.

Verglandse ham:

* Lewer 12 porsies

• 5 tot 6kg ham

• 2 liter gemmerbier

• 1 liter koue water

• 12 swart peperkorrels

• 1 groot ui met ses naeltjies daarin gedruk

• 4 lourierblare

• heel naeltjies

Glanssous:

• 200g (250ml) sagte bruinsuiker

• 330g (250ml) gladde appelkooskonfyt

• 30ml goeie aangemaakte mostert

• 30ml port

1. Plaas ham in groot kastrol met gemmerbier, water, peperkorrels, ui en lourierblare. Plaas deksel op.

2. Bring vloeistof tot kookpunt en prut stadig vir 30 minute per 500g vleis.

3. Haal ham uit kastrol en laat effens afkoel. Verwyder swoerd (vet).

4. Plaas ham terug in vloeistof en laat heeltemal in vloeistof afkoel. (Die ham sal sappiger wees.)

5. Kerf vet op vleis in diamantvormpies en druk naeltjies in die middel van elke diamantvorm.

6. Plaas ham in groot oondpan.

7. Voorverhit oond tot 180°C.

8. Glanssous: Plaas suiker, appelkooskonfyt en mosterd in middelslagkastrol. Roer tot suiker opgelos is.

Haal kastrol van hitte af en roer port by.

9. Skep glanssous oor ham.

10. Plaas ham in oond en bak vir 30 minute.

11. Sit voor met groente en gebraaide brandewyn-perskes of pynappelringe en gestoofde vrugte.

WENK: Indien die ham te groot is, kan dit met die vloeistof in ‘n oondpan gebak word (vir sowat 3 tot 3½ uur teen 160°C)

• Bron: Sarie se Desember 1997-uitgawe.

Related Articles

Back to top button