School sportSport

Jannas stel ook nie teleur in jukskei nie

Hoërskool Jan Viljoen het ook die dorp se naam hoog gehou het tydens die Noordvaal Skole-kampioenskappe.

Jannas is nog ‘n skool in Randfontein wat die dorp se naam hoog gehou het tydens die Noordvaal Skole-kampioenskappe in September.

Volgens Tammy Smith, skoolwoordvoerder, het Dalèèn Nel en Talitha Steyn uitgeblink en het elkeen ‘n medalje ontvang.

Verder het Hoërskool Jan Viljoen se o.16-dogters tweede met ‘n totaal van 40,50 punte, die o.19-dogters derde met ‘n totaal van 38,50 punte en die o.16-seuns sesde met ‘n totaal van 31,50 punte geëindig.

“Die Wes-Rand was die gesamentlike wenners met ‘n groottotaal van 259,50 punte. Ons is baie trots op ons jukskeispanne wat vanjaar regtig ongelooflik goed gevaar het,” het Tammy gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button