Local newsNews

Man wen ‘n meneer van ‘n geweer

'n Man wat nog nooit iets in sy lewe gewen het nie, was die gelukkig wenner van 'n 30-06 Howa-geweer, danksy NWK se gelukstrekking.

NWK Randfontein het die afgelope naweek ‘n gelukstrekking gehou. Die prys was ‘n 30-06 Howa-geweer

Volgens NWK Randfontein is die trekking gehou om vir hulle blootstelling te gee, en om terug te gee aan die publiek vir hul lojaliteit en ondersteuning deur al die jare.

Julian van der Walt, Reinette Herbst en André Geldenhuys by die 30-06 Howa-geweer.

Die trekking het op Saterdag, 28 September by die handelaar plaasgevind, en talle mense het opgedaag om te kyk of hulle dalk die groot prys gewen het.

Reinette Herbst, Mev Afrika 2019 het die trekking gedoen.

Julian van der Walt, ‘n kluis- en vloerbestuurder het die gelukkige wenner, Riaan Viviers geskakel om hom die goeie nuus te gee.

Die 30-06 Howa-geweer wat gewen kon word.

Volgens Riaan, wat glo nog nooit iets gewen het nie, is hy in die sewende hemel en voel gelukkig want hy het net twee kaartjies gekoop.

“Ek kan nie wag om hierdie geweer te gebruik nie. Dankie aan die hoofborg, NWK Randfontein en Gunworx, vir die wonderlike prys.”

NWK Randfontein bedank graag almal wat aan die trekking deelgeneem het en vir hul ondersteuning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button