NewsSchools

Ram wens Bokke sterkte toe

Leerders van Laerskool Randfontein was van kop tot tone in groen uitgevat ter ondersteuning van die Springbokke.

Die Herald het op Vrydag 20 September by Laerskool Randfontein ‘n draai gaan maak om te sien hoe die leerders hulle ondersteuning wys vir die Springbokke by die Rugbywêreldbeker-toernooi wat vandag in Japan afskop.

Die skool het Bokkedag gehou om die derde kwartaal behoorlik af te sluit.

Kaylee du Plessis, die Graad 5-wenner.

Die idee was dat die leerders so groen as moontlik skool toe moes kom.

Die leerders het heeltemal uit hul pad gegaan om hulle ondersteuning vir die Springbokke te wys, en daar is vir elke graad ‘n wenner (of twee) gekies.

Monique Booysen, die Graad 6-wenner.
Geraldine Els, die Graad 1-wenner.
Charnel Smit en Maryka van Schalkwyk, die Graad 7-wenners.
Chine van Niekerk en Deanne van der Linde, die Graad 4-wenners.
Shakira Janse van Rensburg, Martin Smith en Chelischa du Toit, die Graad 3-wenners.

 

Related Articles

Back to top button