School sportSport

Tien Riebeeckranders deel van Wes-Randse Jukskeispan

Hoƫrskool Riebeeckrand is baie trots op die 10 leerders en wens hulle alle sterkte toe.

Hoƫrskool Riebeeckrand spog met nie minder nie as 10 leerders in die Wes-Randse Jukskeispan.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder is Marianca Masser in die o.19A-dogterspan opgeneem, Tiaan Wilken in die o.19A-seunspan, Carli du Toit in die o.19B-dogterspan en Louis Grindlingh in die o.19B-seunspan.

Verder is Qā€™hanri Nel, Jessica Mans en Qā€™raine Nel deel van die o.16A-dogterspan en Marcel Olivier is ‘n lid van die o.16A-seunspan.

Rualdt Pieterse en Mardo Pieterse wat die o.16-jukskeispan by die Nasionale Jukskeitoernooi sal verteenwoordig. Foto ingestuur.

“DiĆ© agt leerders gaan die Wes-Rand verteenwoordig by die Bondedag wat op 12 September plaasvind, en weer in Desember tydens die Nasionale Jukskeitoernooi. Rualdt Pieterse en Mardo Pieterse gaan die 0.16-jukskeispan by die Nasionale Jukskeitoernooi verteenwoordig.

HoĆ«rskool Riebeeckrand is baie trots op die 10 leerders en wens hulle alle sterkte toe met al hul wedstryde.”

Related Articles

Back to top button