Local newsNews

Milvets Wes-Rand hou groot Erfenisdag-viering

Milvets Wes-Rand nooi alle veterane, familie, vriende en die publiek om Erfenisdag saam met hulle te vier in Muldersdrift.

Milvets (Militêre Veterane) vanoor die land gaan hierdie Erfenisdag, 24 September, groot makietie hou.

Milvets Wes-Rand nooi alle veterane, familie, vriende en die publiek om Erfenisdag saam met hulle te vier tydens ‘n familiepretdag by Moor’s Castle in Muldersdrift.

Daar gaan talle aktiwiteite wees waaraan die hele familie kan deelneem; insluitende die tradisionele 2,4km stap wat elke veteraan ook baie goed ken. Wegspringtyd vir dié pretdraf is 9vm met ‘n minimale bedraggie vir ‘n deelnamemedalje. Jy kan hardloop, loop of kruip – al wat tel is dat jy deelneem. Alle padwedloopklubs is baie welkom om deel te neem.

Onthou jou kampstoele, sonskerm en reënjas net ingeval die weer verander. Daar sal eet- en drinkgoedjies te koop wees.

Milvets is ‘n Nasionale Militêre Veterane-organisasie wat regoor Suid-Afrika in gebiedsektore strek en bestaan reeds 10 jaar. Die doel is om die Militêre Veterane by te staan met die

indiening van aansoeke by die Departement van Militêre Veterane vir klaring van sekere voordele op ‘n individuele basis.

Intussen hou Milvets-lede in hulle eie gebiede kontak met mekaar deur maandeliks ontmoetings te reël in die vorm van ontbyte of ‘n braai, om gedurende die wagtydperk lede op ‘n persoonlike vlak te leer ken en om bystand te verleen waar van toepassing.

Vir verdere navrae, kontak gerus Gilliam by 076 499 2577 of Martin by 066 302 3822.

Related Articles

Back to top button