Local newsNews

Rosa wen kroon in die VSA

Rosa van Niekerk, wat onlangs genooi is om aan die Ms World International 2019-skouspel in die VSA deel te neem, het nie met leë hande huis toe gekom nie.

Bekende skoonheid Rosa van Niekerk is onlangs as Ms Universe World International Petite 2019 gekroon nadat sy genooi is om aan die Ms World International 2019-skouspel in die VSA deel te neem.

Volgens haar was daar agt internasionale titels op die spel.

Rosa van Niekerk word gekroon as Ms Universe World International Petite 2019. Foto: Homley Ramos.

Rosa, ‘n praktiserende prokureur van Westonaria en motiveringspreker is ook die huidige Mrs South Africa World International 2019. Haar vorige titels sluit in Mrs Grand South Africa 2017, Mrs Classic 2017 en Mrs Classic Universe 2018.

Lees meer hieroor in volgende week se Herald.

 

Related Articles

Back to top button