Local newsNews

Vriendskaptuiste hou ‘n onvergeetlike kermis

Daar was ‘n wonderlike atmosfeer by vanjaar se kermis by Vriendskaptuiste op Saterdag, 31 Augustus.

Vanjaar se kermis by Vriendskaptuiste was een vir die boeke.

Almal wat die kermis op 31 Augustus bygewoon het, het hulself duidelik gate uit geniet. Daar was talle stalletjies waar allerlei te koop aangebied is. Die jaffels, ribbetjies, potjiekos en die lekker tuisgebakte beskuit het groot aftrek gekry.

Natuurlik was daar ook gebraai.

Soos gewoonlik het almal tougestaan by die pannekoekstalletjie, want wat is tog lekkerder as pannekoek saam ‘n lekker beker plaaskoffie, wat ook te koop was?

Die kinders het op die springkasteel baljaar en hulle kon ook hul gesigte laat verf.

Almal wat die kermis bygewoon het, het hulself duidelik gate uit geniet.

Dominee Carel Pienaar van NG Kerk Randfontein-Wes het die dag behoorlik begin met ‘n gebed geopen om seën te vra vir die dag.

Related Articles

Back to top button