Opinion

Hoekom wreed optree teenoor vroue?

Die pilare van krag vir huishousings, gemeenskappe en ons land word gemartel, mishandel, vermoor, verkrag, fisies en geestelik misbruik, verontagsaam, dag na dag.

Dis reeds moeilik vir vroue om te oorleef in ons manoorheersde wêreld en hulle moet twee keer so hard werk om bevorder te word.

Hulle word nie so maklik oorweeg nie, maak nie saak oor watter kwalifikasies hulle beskik nie. Hulle altyd beskou as swak, ondoeltreffend en nie geskik om sekere take te verrig nie. Ek smeek so om te verskil.

Daar is so baie voorbeelde van heldinne in die geskiedenis wat positiewe verskille gemaak het.

So hoekom hulle wegstoot, vermy, misbruik en later laat voel hulle is net goed vir een ding? Daar word nog altyd teen die kwesbare geslag gediskrimineer. Hulle word gekritiseer oor hoe hulle aantrek, waar en met wie hulle gesels.

Dis moeilik vir vroue om te wees wie hulle will wees. Die samelewing bestempel hulle as uitspattig en op ‘n manier maklik, wanneer hulle net vriendelik wil wees. Die manlike geslag som vroue somtyds verkeerd op – ‘n glimlag beteken nie altyd sy stel belang nie. Wanneer sy stil bly, sê dit nie sy het nie haar eie opinie oor ‘n kwessie nie. Sy het veel meer om te gee as wat ons dink. Sonder die vrou, sou niemand kon.

Agter elke suksesvolle man is daar ‘n vrou wat hom aangemoedig het om deur te druk, en hom geestelik en natuurlik gehelp het; sy anker, sy helpende hand in die tyd van nood.

Of dit nou ma, antie, suster of ‘n goeie vriend is, hulle perspektief is altyd anders. Hulle instink is oorweldigend wanneer dit kom by mense se houding lees, asof hulle weet wat jy gaan sê voor jy nog ‘n tak gebreek het.

Die pilare van krag vir huishoudings, gemeenskappe en ons land word gemartel, mishandel, vermoor, verkrag, fisies en geestelik misbruik, verontagsaam, dag na dag. Het ons ‘n samelewing geword wat geheg geraak het aan rykdom en maak dat ons dit ten koste van vroue sal bekom?

Elke man op aarde het dan ‘n ma, sommige is geseënd met ‘n suster of twee. Hulle het dan anties, oumas en ook niggies, praat nie eens van al die goeie vroumensvriende wat jou uitsig oor die vroulike geslag meer duidelik gemaak het nie. Jy leer baie van jou vriendin af oor wat hulle laat tik, hul houdings en gedrag. So hoekom dan wreed optree teenoor vroue?

Is sommige mans so geïntimideer deur hul teenwoordigheid dat dit hulle in ‘n waansin stuur?

Staan stil en dink vir ‘n oomblik hoe sal jou eie voel wanneer ‘n ander man dit doen wat jy aan ‘n ander vrou doen. Manne, dis ‘n bitter pil. Ek belowe jy sal jou woorde tel, jou hande vir jouself hou en haar hoog op die skinkbord dra, waar sy hoort.

Sonder hulle was ons nie, sonder hulle sal ons ook nie kan nie. As jy wil positief, doeltreffend en produktief lewe, omring jouself met die soort. Let mooi op wat jy nodig het, vergeet ‘n oomblik wat jy wil hê, waardeer wat jy op die oomblik het. As iets anders vir jou bedoel is, sal dit na jou toe kom, ek belowe.

Ons moet mekaar aanmoedig om die regte dinge te doen, al is dit teenstrydig met wat jy altyd bestempel het as reg. Verkeerd leer, verkeerd doen.

Related Articles

Back to top button