Local sportSport

Pluimbal nog groot in Randfontein

Pluimbal is nog lewendig in Randfontein en Westonaria.

Die Westonaria Pluimbalklub en Flamingo Pluimbalklub in Randfontein kom minstens eenkeer ‘n maand bymekaar om teen mekaar te speel, maar hulle ondersteun mekaar ook.

Albei klubs se spelers sien daarna uit om teen klubs van so ver as Alberton in hul huidige liga te speel. Randfontein se spelers vaar tot dusver baie goed in dié liga. Albei spanne sien ook baie daarna uit om in Oktober aan ‘n weeklange toernooi deel te neem.

“Tydens dié toernooi speel ons vir ‘n hele week lank die een wedstryd na die ander. Dit gaan beslis ‘n hoogtepunt vir vanjaar wees,” het Corinne Meyer, voorsitter van Flamingo Pluimbalklub gesê.

Volgens Susan Cronje, voorsitter van Westonaria Pluimbalklub, is die spelers van albei spanne ook baie opgewonde oor die Suid-Afrikaanse Pluimbalkampioenskappe wat voorlê.

 

Related Articles

Back to top button