School sportSport

Riebeeckrand se twee Goue Leeus

Twee leerders van Hoƫrskool Riebeeckrand is in die o.18 Goue Leeus Akademie XV-span opgeneem.

Hoƫrskool Riebeeckrand is baie trots op twee spelers van hul eersterugbyspan wat tot die o.18 Goue Leeus Akademie XV-span verkies is.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder is die twee spelers Luke Myburgh en Tiaan Barnard.

ā€œDit is voorwaar ā€˜n besondere prestasie om deel van diĆ© span te wees, aangesien honderde seuns aan die proewe deelneem,ā€ het sy gesĆŖ.

Daar was drie rondtes proewe asook twee opwarmingswedstryde ā€“ teen onderskeidelik die Valke en die Blou Bulle ā€“ waartydens die spelers hul beste spel moes uithaal om die span te haal.

Luke is die trotse haker van die o.18 Goue Leeus Akademie XV-span en Tiaan die uitmuntende flank.

“Riebeeckrand wens die twee seuns sterkte toe met hul deelname aan die Akademie Week wat gedurende die skoolvakansie in Bloemfontein plaasvind,ā€ het Elzeri bygevoeg.

Related Articles

Back to top button