Local newsNews

#WysheidWoensdag: Alles wat jy moet weet oor die Krieketwêreldbeker

Suid-Afrika speel môre, 30 Mei, in die openingswedstryd van die 2019 Krieketwêreldbekertoernooi en die Herald het by Angelique van Niekerk, ‘n krieketfanatikus en self 'n kranige krieketspeler, gaan uitvind wat sy van die Proteas verwag.

Suid-Afrika speel môre, 30 Mei, in die openingswedstryd van die 2019 Krieketwêreldbekertoernooi teen Engeland en alle Suid-Afrikaanse krieketondersteuners staan bankvas agter die Proteas.

Volgens Angelique van Niekerk, ‘n krieketfanatikus en self ‘n kranige krieketspeler, is Engeland se krieketspan tans die beste in die wêreld en gaan dit beslis ‘n taai wedstryd wees.

Ek hoop ons span het goed voorberei vir die toernooi, want ons het nie so goed in die vorige Krieketwêreldbekertoernooie gevaar nie.

“Ons het nie die regte temperament gehad nie, maar ek hoop dit het hierdie jaar verander,” het sy gesê.

Die Proteas het ongelukkig die reputasie gekry dat hulle nie die knoop kan deurhaak wanneer dit saak maak nie.

“Dis ‘n teleurstelling dat AB de Villiers nie vir die Proteas gaan speel nie, maar Aiden Markram speel darem en ek is ‘n groot ondersteuner van sy spel. Ek hoop hy gaan die span deurtrek.”

“Dan hoop ek ook dat Faf du Plessis ‘n goeie kaptein vir die span sal wees en dat hy daar vir die span sal wees wanneer dit moeilik gaan. Ons hoop vir die beste vir die Proteas vanjaar,” het Angelique bygevoeg.

Die bepalings (slegs Suid-Afrika) is as volg:

• Donderdag, 30 Mei: Engeland teen Suid-Afrika om 11.30vm

• Sondag, 2 Junie: Suid-Afrika teen Bangladesj om 11.30vm

• Woensdag, 5 Junie: Suid-Afrika teen Indië om 11.30vm

• Maandag, 10 Junie: Suid-Afrika teen Wes-Indië om 11.30vm

• Saterdag, 15 Junie: Suid-Afrika teen Afganistan om 2.30nm

• Woensdag, 19 Junie: Suid-Afrika teen Nieu-Seeland om 11.30vm

• Sondag, 23 Junie: Suid-Afrika teen Pakistan om 11.30vm

• Vrydag, 28 Junie: Suid-Afrika teen Sri Lanka om 11.30vm

• Saterdag, 6 Julie: Suid-Afrika teen Australië om 2.30nm

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button