Opinion

Kom ons doen iets mooi vir God!

Ons mense moet kerk en politieke geskille ter syde stel en bydra om ons gemeenskap te herbou.

In die gees van die ontfermende Moeder Theresa, het Trudy Haywood van Trudy’s Nest onder tegemoetkoming van pastoor Ruben van der Merwe by die Life Changing Centre oorkant die polisiekantoor die oues van dae op die been gehou.

Trudy het onder afbrekende teenstryd die mat onder die voete van haar kritici uitgetrek en haar vergunde vergaderplek beskik nou oor opknappingsgeriewe wat in die tekortkominge van ons afgeskeepte ‘wortels van ons bestaan’ voorsien.

Daar is nou ‘n tweeweeklikse ten volle toegeruste opknapping-skoonheidsalon wat deur The Beauty Hub Academy onder bestuurskap van stigterslid en eienaar, mnr Joel Mangoba Nkomo en sy nimlike werkspan bedryf word. Hy’t die algehele bejaarde publiek genooi vir ‘n gratis skoonheidsbehandeling, massering en naelsorg op Dinsdae en Vrydae sonder enige formele voorleggings.

Ons kleinkind, Sarah-Lee Dickson (eers Bhana), dogter van die Telkom-veldbestuurder mnr Fazel Bhana (my innige medebroeder) het ook haar gewig ingegooi om te help met skoonheid- en gesondheidsmiddele.

Die ‘Nessie’ is gebaseer op streng Christelike waardes. Daar bestaan selfs vervoer op aanvraag vir diegene wat weens gesondheidsredes nie die vergaderplek kan bereik nie.

Weens die hoë instandhoudingskoste van die projek het sy sakemense, kerke en gegoede inwoners gesmeek vir hulpbystand in die vorm van enige hulpmiddele.

Ons mense moet kerk- en politieke geskille ter syde stel en bydra om ons gemeenskap te herbou.

Kom ons doen iets mooi vir God!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button