Jannas se Arno en Angelique spring hoog en ver
Jannas is trots op Arno Jansen van Vuuren en Angelique van Niekerk wat veral in onderskeidelik hoogspring en driesprong uitgeblink het.
Twee atlete van Hoƫrskool Jan Viljoen (Jannas) het vanjaar uitgestaan in hoogspring en driesprong.
Arno Jansen van Vuuren is een van Jannas se topatlete en het juis onlangs groot hoogtes in hoogspring bereik.
āEk het in Maart aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem waar ek ‘n sesde plek in die hoogspring gekry het. Sowat 40 atlete het aan die item deelgeneem en is uitgedun tot 12. Die volgende dag het ons weer gespring en ek het toe die sesde plek gekry,ā het hy gesĆŖ.
Hy neem al drie jaar aan die kampioenskappe deel en het gesĆŖ dat die kompetisie vanjaar baie taai was.
āEk gaan vir eers my rugbyloopbaan opsy sit, en my lyf laat rus en voorberei vir volgende jaar se atletiek, want ek wil weer aan die Gauteng Kampioenskappe deelneem.ā
Angelique van Niekerk is Jannas se ander topatleet en veral ‘n driesprong-ster. Sy is ook die kaptein van die eerstenetbalspan.
āEk het in Port Elizabeth aan die Suid-Afrikaanse Skole-atletiekkampioenskappe deelgeneem. Ek het eerste plek by die Gauteng Kampioenskappe gekry en ān rekord geslaan,ā het Angelique gesĆŖ.
Sy het vyfde by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe geƫindig.
āEk lewe vir driesprong, dit is my passie,ā het sy bygevoeg.
āJannas is ongelooflik trots op al ons atlete,ā het Tammy Smith, skoolwoordvoerder, gesĆŖ.