NewsSchools

Blikkiesfondsinsameling lewer meer as R20 000 op

Ramkriekies Kleuterskool se kleuters het vanjaar alle verwagtinge oortref en meer as R20 000 met hul blikkiefondsinsameling bymekaar gemaak.

Ramkriekies se kleuters het ‘n allemintige R23 342 bymekaar gemaak tydens hul blikkiesfondsinsameling.

Marlie Potgieter, die hoof van Ramkriekies Kleuterskool het gesê elke leerder het ‘n bietjie meer as ‘n maand gehad om hul blikkies vol te maak.

Jaxson Coetzee (middel) was eerste met R1 427, tweede was Miané Weyers (aan sy linkerkant) met R1 163 en derde was Duné Coetzee (heel regs) met R605. Foto: Jaco-Mari Futcher. .

Sy het vertel dat die fondse gebruik gaan word om die skoolfonds aan te vul, en opvoedkundige speelgoed en kunsgoed aan te koop. Hopelik kan hulle ook fietse daarmee koop.

Jaxson Coetzee het die meeste geld ingesamel met R1 427, gevolg deur Miané Weyers met R1 163 en Duné Coetzee met R605.

 

Related Articles

Back to top button