NewsSchools

Rappies verklaar oorlog teen afknouery

Boelies in skole is regoor Suid-Afrika ‘n groot probleem, maar twee leerders van Laerskool Rapportryer (Rappies) steek ‘n stokkie daarvoor by hulle skool.

Laerskool Rapportryer neem die stryd teen afknouery ernstig op en het nou ‘n boelieboks.

Twee leerders van die skool wat seker gemaak het dat boelies op hul plek gesit word, is Marco Hoffmann, Mnr Randfontein Junior 2019-finalis, en Ziroejanda Burger, Mej Randfontein Junior 2019-finalis.

Volgens Amanda Hoffmann, Marco se ma, is die boelieboks op 16 Mei aan Rappies geskenk.

Sy het gesê dit gaan opgesit word by die klas van die juffrou wat die boelieboks se briewe hanteer. Leerders kan briefies daarin gooi en vertrou dat die probleem aandag sal kry. As dit ernstig is, gaan dit vir ‘n maatskaplike werker gestuur word.

Die projek is deur Muscle 4 Jesus Bedieninge se teenboelieveldtog geïnspireer.

 

Related Articles

Back to top button