NewsSchools

Heidi en Peter vier 10 jaar

Heidi en Peter Kleuterskool het 'n groot partytjie gehou om hul 10de verjaarsdag te vier.

Na 10 goeie jare in Randfontein het Heidi en Peter Kleuterskool hul verjaarsdag met ‘n groot partytjie gevier.

Rochelle en Thys de Beer, die eienaars van die kleuterskool, het die kleuters op 10 Mei met ‘n kleurvolle koek, lekkergoed en ‘n springkasteel bederf.

Na 10 goeie jare in Randfontein het Heidi en Peter Kleuterskool hul verjaarsdag met ‘n groot partytjie gevier. Foto: Jaco-Mari Futcher.

“Tien jaar terug het die kleuterskool in ons huis begin en vandag is dit groter en meer suksesvol as wat ons ooit sou kon droom,” het Thys gesê.

Rochelle het gesê dat sy baie dankbaar is dat hul al vir so lank deel van die Randfontein gemeenskap kon wees.

Na 10 goeie jare in Randfontein het Heidi en Peter Kleuterskool hul verjaarsdag met ‘n groot partytjie gevier. Foto: Jaco-Mari Futcher.

“Dis vir ons ‘n groot eer dat die gemeenskap ons al so lank vertrou met die opvoeding van hul kinders. Ons kinders word top presteerders wanneer hul skool toe gaan en dit getuig van ons goeie personeellede,” het Rochelle gesê.

“Ons het ‘n passie vir kinders,” het sy bygevoeg.

Related Articles

Back to top button