NewsSchools

Ramkriekies hou Superheld ope aand

Ramkriekies Kleuterskool het onlangs ‘n baie opwindende ope aand propvol superhelde, smullekker peuselhappies en hope pret gehou.

Ramkriekies Kleuterskool het in April ‘n baie opwindende ope aand gehou.

Volgens Marlie Potgieter, hoof van Ramkriekies, was dit soos gewoonlik groot pret en ouers en kleuters het hulself baie geniet. Die ope aand is ‘n hoogtepunt op die kleuterskool se kalender.

“Ons onderwysers het soos superhelde aangetrek en ons het die hele skool oulik opgemaak. Daar was heerlike eetgoed en die kleuters het dit baie geniet om in elke klaskamer verskillende aktiwiteite te doen,” het sy gesê.

Volgens haar was die ope aand spesiaal vir toekomstige Graad R-leerders.

“Ons sien baie uit om die nuwe kleuters volgende jaar by ons skool te verwelkom en ons is sommer al klaar baie opgewonde oor volgende jaar se ope aand. Dit gaan nog beter en groter wees,” het sy bygevoeg.

Related Articles

Back to top button