Local newsNews

Jy kan jou skoolgeld vir 2020 WEN!!! by Wêlakapêla Kinderfees

Die fees vind hierdie naweek by die Ruimsig-atletiekstadion plaas

 

Die heel eerste kinderfees vind hierdie naweek, 11 en 12 Mei plaas en as jy deel daarvan wil wees, is dit nou die tyd om jou kaartjies te koop.

Die Wêlakapêla Kinderfees, aangebied deur akteur Wynand van Vollenstee en sakevrou Mariaan du Plessis in samewerking met die Roodepoort Record en Roodepoort Northsider, word by die Ruimsig-atletiekstadion gehou en beloof om groot pret te wees.

https://www.facebook.com/wynand.vanvollenstee/videos/2265273496845406/

Besoekers aan die Kinderfees kan daarna uitsien om van hul gunstelingkarakters in topproduksies op die hoofverhoog te sien, wat Lollos en Lettie, Tjiff en Tjaff, Gretha Pers, Michelle Botha se poppeteater en die Die Laaste Mango/ The Light Warrior insluit.

Daar sal ook ‘n enorme opblaasspeelpark, pretritte, miniskoonheidsalon, spookhuis, speelgoed- en lekkergoedwonderland wees. Van die uitstallers sluit in Tina Cowley-leessentrum, Mikidu ‘Make and Bake’, Emotion Wear, Crafty Crafts, G&J Children’s Books, Edu-Go Blocks and Toys, Ouklip Apteek, MNI Lifestyle, Glitter Tattoos and Face Painting, Pienkvoetpret, Hollywood Costumes en Rugga Kidzm, om net ‘n paar te noem.

Vir die ouers sal daar ‘n ‘Wine and Dine’-area wees. Kaartjies kos R175 per persoon (vir babas onder die ouderdom van ‘n jaar is dit gratis) en sluit alle produksies, vermaak, asook die opblaaspark in. Slegs ‘n beperkte aantal kaartjies is beskikbaar. Om teleurstelling te voorkom, besoek https://www.webTickets.co.za vandag nog. Kaartjies sal ook by die hekke beskikbaar wees.

Vyf mense staan ‘n kans om hul kind se skoolgelde vir 2020 te wen. Al wat jy hoef te doen is om https://www.welakapelafestival.co.za/ te besoek en die inskrywingsvorm te voltooi. Die trekking sal gedurende die naweek plaasvind; maak dus seker jy is daar!!

Related Articles

Back to top button