Local newsNews

Leer ‘n Teiner Ken #110 – Gerda Benadie

Die Herald ontmoet die 110de persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 30 April het die Herald vir Gerda Benadie, die 110de persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog in Greenhills ontmoet.

Gerda, 63, is die voorsitter van Vroue Landbou-Unie (VLU) se Randfontein-tak en sy besit die afgelope 17 jaar reeds die Bernina-winkel in Greenhills.

“Ek is al 36 jaar deel van die VLU. Die VLU en die winkel gee my die geleentheid om my passie vir naaldwerk uit te leef. Ek is op my gelukkigste as ek agter ‘n masjien sit en naaldwerk doen,” het sy gesê.

Gerda het in Randfontein grootgeword en woon haar lewe land in die dorp.

“Ek is baie lief daarvoor om met mense te werk en dit is altyd lekker om met mense van ons gemeenskap te werk. Ek is baie lief vir ons dorp,” het Gerda bygevoeg.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button