School sportSport

Jannas-netbalspanne stel hul doelwitte

Hoërskool Jan Viljoen se eerstenetbalspan mik om vanjaar weer die Gauteng Kampioenskappe te haal.

Na ‘n suksesvolle netbaltoer is Hoërskool Jan Viljoen se netbalspanne slaggereed vir die seisoen.

Volgens Zurica van Heerder, onderkaptein vir die eerstenetbalspan, het hulle in Maart ‘n netbalkamp by die Jaru-sportakademie bygewoon. Hulle het teruggekeer met groot spangees met die doel om vanjaar stof in al hul opponente se oë te skop.

“Ons het baie nuwe vaardighede geleer en baie wedstryde gespeel. Shevonne Group, ons getroue senter, is aangewys as die beste aanvallende speler en ek is aangewys as beste verdedigende speler,” het sy gesê.

Angelique van Niekerk, Jannas se eerstespankaptein, het gesê dat hulle baie het om na uit te sien die res van die seisoen.

“Ons is baie opgewonde oor die liga wat voorlê en ons hoop om vanjaar weer die Gauteng Kampioenskappe te haal. Daarom wil ons die Johannesburg en Mogale Liga (Jomo-liga) wen. Ons neem tans deel aan die Superreeks om ons voor te berei vir dié liga,” het Angelique gesê.

Zurica glo dat hulle elke wedstryd sal kan wen. “Ons spelers ken mekaar almal baie goed, daarom dink ek ons het ‘n baie goeie span en dat ons gereed is vir die liga.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button