Local newsNews

Kyk wie kom kuier vir Randfontein!

Andries Vermeulen gaan Randfonteiners op 30 Maart in Greenhils met sy stories en musiek vermaak vir 'n goeie doel.

Andries Vermeulen, die bekende aanbieder van kykNET se OppieStoep gaan Randfonteiners Saterdag, 30 Maart met sy stories en musiek vermaak.

Die vertoning gaan om 6.15nm by die Cornerstone Christen Skool (ou Biddende Hande-kerk) by Ravenweg 63 in Greenhills plaasvind.

Andries is bekend vir die grapperige manier waarop hy stories vertel wat die gehoor gewoonlik laat skaterlag. Dit beloof om ’n heerlike aand van lekker lag en kuier te wees.

Kaartjies kan vooraf of by die deur gekoop word. Die fondse ingesamel is ten bate van die Cornerstone Christen Skool.

Kontak gerus 082 481 4284 vir besprekings en verdere inligting.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button