Local newsNews

Massapatrollie aan Wes-Rand ‘n sukses

'Die Wes-Randse buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die polisie en ander veiligheidsinstansies hok te slaan'

AfriForum se Vanderbijlpark-, Roodepoort- en Randfontein-buurtwag het op 8 Maart saam met die polisie, gemeenskapspolisiëringsforums, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer.

Volgens Hesti Steenkamp, AfriForum se woordvoerder, is dié patrollie, wat deel is van AfriForum se nasionale patrollie, daarop gemik om polisiëringsigbaarheid op te skerp.

Tydens AfriForum se nasionale patrollie het 96 patrolleerders altesaam 2 510km in 428 man-ure en met 89 voertuie afgelê. Foto ingestuur.

“Die patrollie het daardie dag omstreeks 7nm begin en dit het tot 6vm die volgende oggend voortgeduur. Die 96 patrolleerders het altesaam 2 510km in 428 man-ure en met 89 voertuie afgelê. Sewe gebeurlikhede is aangemeld en hulp is verleen,” het sy gesê.

Die Wes-Randse buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die polisie en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder,” het Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die Noord-streek gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button