Local sportSport

Toets vandag jou skietvernuf

Randfonteiners is welkom aan aan vandag se skietbyeenkoms by die Gatsrand Skietbaan naby Witfontein deel te neem.

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se Transvaal-tak het vandag ‘n spesiale skietbyeenkoms naby Witfontein en almal is welkom.

Die skuts gaan van 8vm tot 2nm op Saterdag,16 Maart hul vaardighede in verskeie items op die skietbaan toets wanneer hulle na verskeie teikens en met wapens van verskillende kalibers toets. Die hoogtepunt is egter wanneer daar met haelgewere na kleiduiwe geskiet word.

Die skietbyeenkoms gaan by die Gatsrand Skietbaan naby Witfontein plaasvind. Om by die skietbaan uit te kom, kan jy met die R41 in Carletonville se rigting ry en by die T-aansluiting links draai op die R500. Die skietbaan is reg oorkant Red Cap Ranch geleë.

Daar is baangelde betaalbaar en alle skuts moet die baan se reëls gehoorsaam. Skakel gerus 083 390 8465 of 076 682 2803 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button