NewsSchools

Kaskarre sorg vir groot joligheid

Laerskool Randfontein se kaskardag was propvol pret vir leerders en personeel.

Laerskool Randfontein (Ram) se Rammies het tydens hul jaarlikse kaskardag gewys dat hulle nooit bang is vir ‘n uitdaging nie.

Tydens die skool se kaskardag op Woensdag, 13 Maart het leerders en personeel groot pret op Ram se sportveld gehad.

Laerskool Randfontein se leerders kon na die kaskarresies hulself op 17 verskillende springkastele geniet. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons tema was vanjaar die rugbywêreldbeker. Elke klas verteenwoordig ‘n ander land en hulle het aangetrek om die land uit te beeld en lekker gees te vang. Elke klas het die geleentheid gekry om aan die kaskarresies deel te neem waarna hulle hulself verder op die 17 springkastele kon geniet,” het Melani Bosman, een van die organiseerders gesê.

Die hoogtepunt van die dag was toe die leerders die topbestuurslede in ‘n kaskarresies gestoot het. Robbie van Coller, wat die funksie saam met Melani georganiseer het, het gesê dat die kaskardag nie net pret en plesier was nie, maar dat dit ook deel van die skool se liefdadigheidprojek was.

Rammies in aksie tydens die kaskardag. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons het ‘n fondsinsameling gehou vir ‘n organisasie wat uile red. Ons het ‘n stoor vol plastiekbottels ingesamel wat gebruik kan word om huise vir die uile te maak. Die hele dag was ‘n reuse sukses. Die leerders het regtig moeite gedoen met die tema en almal het met groot opwinding deelgeneem.”

Related Articles

Back to top button