NewsSchools

Landbou op Riebeeckrand se agenda

Leerders van Hoƫrskool Riebeeckrand se landbouwetenskapklas het met groot opgewondenheid Agri Auctions Vogelstruisfontein se lewendehawe-veiling bygewoon.

Hoƫrskool Riebeeckrand se landbouwetenskapklas het onlangs praktiese ervaring in die landboubedryf buite die klas opgedoen.

Hulle het op 13 Maart die Agri Auctions Vogelstruisfontein se lewendehawe-veiling bygewoon om eerstehand kennis te maak met stoetveeboerdery.

Devon Tromp, hul onderwyser het gesĆŖ dat teoretiese kennis nie genoeg is nie en dat hy graag praktiese ervaring vir die leerders wil gee.

ā€œDaar is baie dorpskinders in die landbouwetenskapklas wat nog nooit op ā€˜n plaas was nie. Die uitstappie bied hulle die geleentheid om meer te leer oor die bedryf. Ons probeer om een keer per kwartaal op so ā€˜n uitstappie te gaan en ons sien baie daarna uit om in die tweede kwartaal die Nampo-oesdag by te woon,ā€ het hy gesĆŖ.

‘n Vark by Agri Auctions Vogelstruisfontein se lewendehawe-veiling. Foto: Jaco-Mari Futcher

Tydens die uitstappie het leerders beeste gevoer, meer oor veilings geleer, en beeste en varke in die krale in gejaag. Die meisies en seuns was nie bang om hul klere vuil te maak nie en hul hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Hulle het elke brokkie inligting soos sponse ingeneem.

ā€œRiebeeckrand het in 2018 begin om landbouwetenskap as ā€˜n agtste vak aan te bied. Vanjaar is dit ā€˜n volwaardige vak, maar sommige leerders neem dit steeds as ā€˜n agtste vak. Daar is groot belangstelling in die vak, met ā€˜n hele paar Graad 10’s tot Graad 12ā€™s in die klas.ā€

Volgens Devon sou die skool nie die vak suksesvol sonder Agri Auctions kon aanbied nie.

ā€œHulle is altyd meer as bereid om ons by hulle te ontvang en rond te wys. Hulle is ook baie tegemoetkomend wat minderbevoorregte leerders aanbetref en hulle maak seker dat niemand die geleentheid misloop nie. Buiten hul gasvryheid is hul advies ook vir ons van onskatbare waarde. Hulle speel ā€˜n groot rol in diĆ© vak se vooruitgang by ons skool,ā€ het Devon bygevoeg.

Related Articles

Back to top button