MunicipalNews

Francois en Simon staan saam – nog 100 slaggate om te gaan

'n Inwoner van Owlstraat, Francois Graaf en Simon Moeketsane het onlangs 12 van die 112 slaggate in dié straat reggemaak.

Francois Graaff, ‘n keelvol inwoner van Owlstraat het Woensdag besluit genoeg is genoeg en 12 slaggate reg voor sy huis gevul.

Hy het 12 sakke teer in Parys gaan koop en op Woensdag, 6 Maart saam met Simon Moeketsane die gate voor sy huis reggemaak. Die projek het hom meer as R1 000 uit die sak gejaag.

Francois Graaff het op Woensdag 6 Maart saam met Simon Moeketsane die slaggate voor sy huis reggemaak. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ek was keelvol daarvoor om elke dag my bande te beskadig as ek by my eie erf in- en uitry. Ek is ‘n belastingbetaler, maar die munisipaliteit ignoreer al my probleme. Nou moet ek hul eiendom uit my sak onderhou net sodat my voertuie nie beskadig word nie,” het hy gesê.

Ander inwoners in die straat het intussen gesê dat hulle finansieel sal bydra as Francois die res van Owlweg se slaggate ook regmaak. Daardie slaggate in die straat is al maande lank ‘n probleem en volgens Ellik de Lange, DA-raadslid van Wyk 6, het hy dit al telkemale aan die munisipaliteit gerapporteer.

“Ek het in Februarie al die slaggate in Wyk 6 getel. Daar was altesaam 760 in Homelake en Greenhills, waarvan 112 in Owlweg was. Nou is daar nog 100 in die straat oor en dit is ‘n gevaar vir almal wat hier ry. Van die gate is so groot dat ‘n paar sakke teer nodig sal wees om dit reg te maak.”

Related Articles

Back to top button